Oudpolisieman skuldig aan moord
Oudpolisieman skuldig aan moord

Oudpolisieman skuldig aan moord

Volgens getuienis het ’n bakleiery ontstaan en in die proses is Motonane met Awaseb se dienspistool doodgeskiet.
Lazarus Oscar Awaseb (50), die voormalige hoof van die Epako-polisie se misdaadondersoekeenheid op Gobabis, is deur regter Dinnah Usiku in die hoërhof in Windhoek aan moord skuldig bevind.

Awaseb het Odilo Rathebe Motonane (18) op 22 Maart 2016 doodgeskiet.

Die motief was jaloesie omdat Motonane in ‘n verhouding met Mildred Hoases was, wat ook Awaseb se meisie ten tyde van die moord was. Hoases is ook geskiet, maar het die aanval oorleef.

Volgens getuienis wat tydens die hofsaak gelewer is, het ‘n bakleiery tussen Awaseb en Hoases uitgebreek oor sy glo geld van hom geëis het.

Volgens Awaseb het sy aan hom gesê: “Jou t***l, wat wil jy vir my sê?”

Hy het voorts gesê sy het met haar skeltaal voortgegaan toe hy weier om vir haar geld te gee. Awaseb het later na haar huis teruggekeer om die argument te probeer oplos.

“Toe ek na haar kamer toe is, wou ek met haar praat om ons verhouding te herstel,” het Awaseb getuig en ontken dat hy soontoe is met die doel om Motonane te vermoor.

Volgens hom het hy nie geweet die jong man was daar nie. Awaseb het voorts getuig Motonane het hom gekonfronteer toe hy by die kamer aankom. Motonane was Hoases se voormalige kêrel. ‘n Bakleiery het ontstaan en in die proses is Motonane met Awaseb se dienspistool doodgeskiet.

Awaseb het Motonane in die rug geskiet en volgens die staat was die skietery deur jaloesie gedryf omdat Awaseb hom by sy meisie gekry het. Die verhouding tussen Hoases en Awaseb was ook stormagtig.

Voor die skietery het Awaseb na bewering ook ‘n tuisteaterstelsel, DVD-speler en televisiestel van Hoases tussen 18 en 22 Maart beskadig.

Hiervoor het hy ‘n klag van kwaadwillige beskadiging van eiendom in die gesig gestaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!