Oudpolisieman kry 32 jaar vir moord

Beskuldigde 'versaak edele plig'

20 March 2017 | Howe
Jacqueline Louw - In haar uitspraak Vrydag in Windhoek se hoërhof het regter Dinnah Usiku gesê die grusame manier waarop Willem Saul (40) sy vrou vermoor het, weeg veel swaarder in die oorweging van sy vonnis as sy relatiewe jong ouderdom.

Sy het hom daarna tot 32 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Dié voormalige konstabel het sy vrou, mev. Ingenesia Saul (37), op 7 September 2015 wreed met 'n byl in die Epako-woonbuurt op Gobabis doodgekap.

Saul en die oorledene het baklei nadat hy 'n romantiese SMS op haar selfoon gevind het.

Dit het hom laat vermoed sy was in 'n verhouding met 'n ander man betrokke.

Saul het op 8 Februarie vanjaar skuldig gepleit op 'n klag van moord teen hom en is skuldig bevind.

Regter Usiku het in haar uitspraak genoem die hof moet verseker dat geregtigheid geskied en die publiek beskerm.

Die oorledene se moeder, mev. Garises, het gedurende betoë voor die hof vir verswarende omstandighede vir die vonnisoplegging getuig dat haar dogter en Saul vier kinders het en dat hulle dikwels gestry het.

Sy het Ingenesia egter aangeraai om vas te byt omdat sy 'n vrou is.

“Ons howe moet té dikwels konflik wat binne gesinsverhoudinge ontstaan en met geweld opgelos word, hanteer,” het Usiku gesê.

Sy het verder gesê: “Dit is hoog tyd dat 'n duidelike boodskap aan diegene wat hulself aan soortgelyke misdade skuldig maak, uitgestuur word dat howe hulle sal hanteer om die regte van slagoffers te beskerm.”

Usiku het ook in haar uitspraak gesê die erns van die saak spreek vanself en dat die beskuldigde, wat as polisieoffisier 'n plig gehad het om misdaad te beveg, “hierdie edele plig versaak het”.

“Ons howe sal nie 'n Namibië duld waar die polisie die wet kan verbreek en ongestraf bly nie,” het sy voorts gesê.

Saul is deur mnr. Titus Ipumbu verteenwoordig en staatsadvokaat Marthino Olivier het namens die staat opgetree.

Soortgelyk

 

Namcol bewillig N$300 000 vir beurse

44 minute gelede | Onderwys

Die Namibiese Kollege vir Afstandonderrig (Namcol) het landwyd deur middel van streeksrade N$300 000 bewillig vir beurse aan verkose studente. Die geld is bewillig...

Nuwe vleuel vir Huis Acasia, Windhoek

2 ure gelede | Gesondheid

Die konstruksie van ’n nuwe vleuel teen ’n beraamde koste van N$1,97 miljoen het vandeesweek afgeskop by Huis Acacia waar Namibiese kankerpasiënte tydens hul behandeling...

Beperkte insamelaars strem reëninligting

3 ure gelede | Weer

Die beperkte aantal vrywilligers wat landwyd inligting oor reënval versamel, het ’n negatiewe uitwerking op die Namibië Meteorologiese Diens (NMS) se monitor van data.Volgens die...

Angola skuld Air Nam

13 ure gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerDie Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) het gister met regeringslui in Angola vergader oor die sowat US$500 miljoen wat aan verskillende internasionale en plaaslike lugrederye verskuldig...

Dis Nama/Herero vs. Duitsland in NY

13 ure gelede | Maatskaplik

Estelle de BruynDie hofsaak wat Nama- en Herero-groepe in New York teen die Duitse regering aanhangig gemaak het “vorder besonder goed” sê opperhoof Vekuii Rukoro,...

Möller-voorverhoor uitgestel

13 ure gelede | Misdaad

Elvira HattinghDie saak waarin vyf mans teregstaan op die moord op die bekende Walvisbaaise sakeman, mnr. Hans-Jörg Möller in Junie 2016, is gister in die...

Weer vir 19 Januarie 2018

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die verre Ooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele geïsoleerde donderstorms....

Kalender 19 Januarie

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» David Amukoto en vriende het saamgespan om United In Art by die Woermannhaus-galery aan te bied. David is die bekende Namibiese...

Fliekvlooie, kry die springmielies!

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Kollig het gaan kyk wat in 2018 op die grootskerm gaan wys. Avengers: Infinity War Op die grootskerm: 25 AprilAkteurs: Robert Downey Jr, Chris...