Oudonnie voor oor verkragting
Oudonnie voor oor verkragting

Oudonnie voor oor verkragting

Denver Kisting
Denver Kisting – Die Rehoboth-gemeenskap is die afgelope dae tot in sy fondamente geskud met die nuus oor ’n geliefde oudonderwyser wat weens verkragting aangekeer is.

Die 70-jarige man, op sy dag ’n kranige sokkerspeler en netbalafrigter, is die afgelope naweek op die dorp in hegtenis geneem.

AO Immanuel Iiduwa, ’n polisiewoordvoerder, het Maandag die inhegtenisneming bevestig.

Die man se identiteit is aan Republikein bekend, maar omdat sy vermeende slagoffer ’n familielid is, weerhou die koerant sy identiteit.

Volgens hom het die man, wat steeds aanvullende klasse tuis aanbied, glo tussen Januarie 2015 en Januarie vanjaar sy eie agtjarige dogtertjie verkrag.

Die beweerde voorvalle het volgens Iiduwa in die dorp se Blok B-woonbuurt plaasgevind.

“Die 70-jarige man het sy agtjarige dogter gemolesteer,” sê die woordvoerder.

Adj.komm. Kauna Shikwambi, bevelvoerder van die polisie se skakelafdeling, het gister by navraag gesê in dié stadium bestaan geen rekords dat die beweerde voorvalle vantevore by die polisie aangemeld is nie.

Op ’n vraag oor of die polisie ander sake teen die man ondersoek en, indien wel, na watter tydperk die polisie kyk, het Shikwambi gesê: “Dit moet nog bevestig word.”

’n Rehoboth-inwoner het die afgelope week gesê: “Hy was my onderwyser en het daardie neigings gehad toe ek ’n kind was. Het van dit (die inhegtenisneming) gehoor, maar nie geweet dis hy nie. Hoe kan hy sy kinders, veral vir (naam weerhou), so in die skande steek?”

’n Ander oudleerling het by navraag ’n soortgelyke bewering gemaak.

Nog ’n Rehoboth-inwoner het gesê: “So, hy is ’n ou jakkals. Maar hoe doen jy dit aan jou eie bloedkind?”

Intussen het ’n familielid in die sosiale media beweer die man het ook háár lewe probeer verwoes.

Volgens ’n plasing op Facebook was dié poging(s) nie suksesvol nie.

“En toe gaan hy vir plan B na sy eie bloedkind.”

Sy sê ’n ander familielid het haar nie destyds geglo nie en was blind vir dít wat na bewering aan die agtjarige meisietjie gedoen is.

“En uiteindelik het sy dag aangebreek. Hy is in die tronk.”

Dié vrou onthul ook die beskuldigde se identiteit in die plasing.

Republikein het op Facebook na haar uitgereik. Sy het teen druktyd nog nie gereageer nie.

Die man het Maandag op aanklag van verkragting in die Rehoboth-landdroshof verskyn.

Sy saak is tot vandag vir ’n aansoek om borgtog uitgestel.

Hy is sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.06 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.81/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.91% | Zinc US$ 2 809.50/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 939.02/OZ DOWN -0.001 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.7 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.06 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.1 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 383.81/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.40/lb UP +1.91% | Zinc US$ 2 809.50/T DOWN -0.4% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 939.02/OZ DOWN -0.001