Oudonnie van Rehoboth sê sy hande is skoon

’n Hardap-gemeenskap is verdeel oor die nuus dat ’n geliefde oudonderwyser glo sy eie dogtertjie seksueel aangerand het.
Denver Kisting
Denver Kisting – “Dan sal ek hom doodmaak.”

Só het ’n jong vrou gister op Rehoboth vertel oor wat sy sal doen indien die hof ’n bejaarde oudonderwyser uiteindelik onskuldig bevind.

Dié 69-jarige man is die afgelope naweek op dié dorp op aanklag van verkragting aangekeer.

Die agtjarige vermeende slagoffer is die man en sy vrou se kind.

Die inhegtenisneming het die Rehoboth-gemeenskap die afgelope dae tot in sy fondament geskud.

Gister tydens ’n besoek van Republikein by die huis waar die beweerde gruweldade plaasgevind het, het die jong vrou vertel die man het haar glo ook destyds probeer molesteer, “maar ek het terugbaklei”.

Dié jong vrou is ’n familielid van die oudonderwyser en die gr. 3-meisie.

Tydens ’n kerktoer verlede jaar aan die dorpie waar die jong vrou deesdae woon, het sy by die meisie aangedoen.

Die meisie het toe vir haar gesê haar ouers kry gereeld rusie.

Toe sy haar vra waaroor die onmin handel, het die meisietjie glo gesê: “Hulle stry oor my koekie,” het sy gister aan Republikein vertel.

Sy het dit toe met die meisie se ma gedeel.

Die jong vrou het gister ’n handgeskrewe nota van die meisie se ma met die koerant gedeel. Dit lui: “Toe ek eendag vir hom sê hy kan mos vir [naam weerhou] geld wegsit. Toe sê hy vir: ‘Dis mos ’n kind wat jy wou gehad het. Jy moet vir haar sorg as ek dood is.’ Toe sê ek vir hom: ‘O, is dit daarom wat jy haar wil vernietig? Mag God jou vergewe vir wat jy kwytgeraak het. . .’”

Voor die man gister sy tweede verskyning in die landdroshof op Rehoboth gemaak het, het hy gesê sy hande is skoon. “Ek is nie daai tipe mens nie.”

Hy beweer hy het haar nooit onsedelik aangerand nie.

Volgens hom is die bewerings van seksuele molestering ’n versinsel deur die jong vrou.

Hy sê sy het tot in haar gr. 10-jaar by hom en sy vrou gewoon en nadat hulle rusie gekry het oor haar skoolprestasie, het sy die huis verlaat.

Die man het gesê hy ly aan diabetes en hoë bloeddruk.

Volgens hom hoop sekere familielede die hofsaak veroorsaak sy dood sodat hulle beslag kan lê op sy eiendomme en voertuie.

Die jong vrou en ’n ouer suster het dít ontken.

Tydens gister se hofverskyning het die staatsaanklaer, me. Hillia Munzenze, gesê die staat is gekant teen borgtog weens die openbare belang en die impak op die administrasie van geregtigheid.

Volgens haar het die staat ’n sterk saak teen die oudonderwyser.

Munzenze het ook gesê die man en sy vrou is binne gemeenskap van goedere getroud.

Gevolglik sal hy geregtig weens om terug te keer na die huis waar die beweerde molestering plaasgevind het.

Sy het voorts gesê die beweerde voorvalle het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Om borgtog twee dae ná die man se eerste hofverskyning toe te staan, sal die gemeenskap verder ontstel, het Munzenze gesê.

Mnr. Christopher Stanley, die man se prokureur, was geskok om te verneem die staat het sedert die man se eerste hofverskyning Maandag sy deuntjie verander.

In daardie stadium het die klagstaat gelui dat daar geen penetrasie was nie.

Die staat het gister die klag gewysig en beweer daar was wel penetrasie.

Die staat en die verdediging het vir me. Kandiwapa Nangombe, die landdros, ingelig hulle sal skriftelike hofstukke liasseer om die formele aansoek om borgtog te bespoedig.

Stanley het gesê sy kliënt word reeds in die gemeenskap gekasty sonder ’n behoorlike polisieondersoek.

Volgens hom is vorige klagte in 2017 deur dieselfde jong vrou van stapel gestuur. Die klagte is later laat vaar nadat dié vrou nie ’n beëdigde verklaring afgelê het of vir enige van die hofverrigtinge opgedaag het nie.

Sy het egter die afgelope week by die Rehoboth-polisiestasie ’n verklaring afgelê.

Stanley het ook gesê hulle is in die duister oor die staat se bewerings teen sy kliënt en kan derhalwe nie voldoende voorberei nie.

Nangombe het die verrigtinge tot vanmiddag vir die formele aansoek om borgtog verdaag.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065