Oudminister van Mosambiek in tuisland verhoor
Cara-Lee Dorfling
Soos Manuel Chang, Mosambiek se voormalige minister van finansies, versoek het, sal hy in sy tuisland verhoor word, en nie in Amerika nie.
Die besluit om Chang aan Mosambiek uit te lewer is Dinsdagaand deur adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, in 'n verklaring aangekondig.
“Ek het besluit dat die beskuldigde, mnr. Manuel Chang, uitgelewer sal word om in Mosambiek vir sy beweerde oortredings verhoor te word,” het Masutha in die verklaring gesê.
Chang staan tereg weens sameswering om bedrog te pleeg.
Die aanklagte spruit uit 'n bedrogspul wat verband hou met lenings van ongeveer R2 miljard wat glo deur die Mosambiekse regering gewaarborg is sonder dat dit openbaar gemaak is. Hiervoor het Chang glo miljoene dollars se omkoopgeld ontvang.
Chang is in Desember in Suid-Afrika in hegtenis geneem nadat die Amerikaanse owerhede 'n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik het.
Die besluit van Masutha Dinsdag val reg in Chang se kraal, nadat hy vroeër aangedui het dat hy eerder in Mosambiek as in Amerika verhoor wil word.
Luidens Masutha se verklaring is hy daarvan bewus dat die uitleweringsversoek deur Amerika, 'n paar weke vroeër as die versoek van Mosambiek ingedien is.
“Maar, nadat die saak in sy volle konteks oorweeg is, deur die kriteria van sowel die VSA/SA-Uitleweringsooreenkoms aan die een kant, en die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC)-protokol oor uitlewering aan die ander kant, asook deur al die relevante feite te oorweeg, is ek tevrede dat die belang van geregtigheid die beste gedien sal word deur die versoek van die Republiek van Mosambiek toe te staan.”– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie