Oudminister uit op N$20 000 se borgtog
Oudminister uit op N$20 000 se borgtog

Oudminister uit op N$20 000 se borgtog

’n Eertydse Swapo-LP en ’n vermeende makker moet in Augustus weer op aanklag van bedrog verskyn.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die beweerde bedrog waarby die oudadjunkminister van grondhervorming, mnr. Theo Diergaardt, betrek word, het glo reeds in 2013 plaasgevind.

Diergaardt (48), ’n inwoner van Rehoboth, en die 49-jarige mnr. Johannes Willem Petrus Cloete is die afgelope week aangekeer.

Sy adres word as ’n plaas in die Maltahöhe-omgewing op die klagstaat aangedui.

Cloete is Maandag in hegtenis geneem, terwyl Diergaardt Dinsdag vasgetrek is.

Die tweetal het Dinsdag vlugtig voor landdros Linus Samunzala in die Windhoek-landdroshof verskyn.

Cloete staan tereg op twee klagte van bedrog en een van vervalsing. ’n Klag van bedrog staar Diergaardt in die gesig.

Tydens Dinsdag se hofverskyning het mnr. Tatelo Lusepani namens die staat aangekla.

Volgens die klagstaat het Cloete in 2013 teenoor twee klaers, me. Martha zu Bentheim en mnr. Ronald zu Bentheim, en teenoor beamptes van die aktekantoor voorgegee dat hy gemagtig is om eiendom wat op erf 645 in Bismarkstraat geleë is van die hand te sit.

Die klaers het op dié valse voorwendsel dat Cloete die magtiging het om die eiendom te verkoop, gesteun en dienooreenkomstig gehandel, lui die klagstaat.

Hiernaas het Cloete glo ook vir mnr. Horst Landstatz onder die wanindruk gebring dat hy die eienaar is van twee woonstelle in Zanzibar Court in Otjomuise aan die buitewyke van die hoofstad.

Landsatz het 290 beeste ter waarde van meer as N$1,1 miljoen vir die eiendom opgedok.

Die staat voer aan Diergaardt en Cloete was kop in een mus.

Mnr. Milton Engelbrecht het namens Cloete kapsie gemaak teen borgtog van N$50 000.

Cloete kan glo nie in dié stadium daardie bedrag bekostig nie. Engelbrecht het gister bevestig hulle sal die hof eersdaags nader om aansoek om ’n verlaging te doen.

Cloete is steeds agter tralies.

Mnr. Boris Isaacks, Diergaardt se prokureur, het aan die hof gesê sy kliënt is in staat om sy borgtog van N$20 000 te betaal.

Diergaardt is dieselfde dag vrygelaat nadat hy die geld inbetaal het.

Die saak is tot 8 Augustus vir verdere polisieondersoek uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!