Oudbaas van New Era 'vort met motor'

Glo stilswyende ooreenkoms

03 April 2019 | Misdaad
Ogone Tlhage



Die voormalige ­uitvoeren­de hoof van die New Era ­Publication Corporation (NEPC), dr. Audrin Mathe, weier glo om van 'n maatskappymotor afstand te doen.

Dit ondanks die feit dat sy kontrak reeds op 31 Januarie 2019 ver­stryk het, het 'n bron vandeesweek aan ­Republikein se susterkoerant ­Namibian Sun gesê.

Na bewering het die NEPC-raad dié motor, 'n Range Rover, gekoop sodat Mathe dit tydens sy amps­termyn kon gebruik.

Volgens die bron beweer Mathe dit is ingevolge 'n stilswyende oor­eenkoms (gentlemen's agreement) aangeskaf. “Hy sê die raad het dit vir hom gekoop, maar amptelike ­dokumentasie toon die motor behoort aan die korporasie. Sou die korporasie so 'n ooreenkoms aangaan om 'n motor vir sy uitvoerende hoof te koop?”

Toe Mathe telefonies genader is om op die beweringe te reageer, het hy Namibian Sun na die NECP verwys en gesê: “Hoekom vra jy hulle nie eerder nie?”

Mnr. Benjamin Jakobs, wat as ­uitvoerende hoof waarneem, het die koerant se navrae na die raad se voorsitter, mnr. Esau Mbako, verwys.

Mbako het nie op enige oproepe of SMS'e gereageer nie.

Benewens die kwessie van eienaarskap, is dit ook nie duidelik wie vir die brandstof en instandhoudingswerk betaal, en of die raad enige pogings aangewend het om die motor aan die korporasie terug te besorg nie.

Mathe was sedert Mei 2013 die NEPC se uitvoerende hoof.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

10 ure gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

10 ure gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

11 ure gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

22 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

22 ure gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

22 ure gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

22 ure gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

22 ure gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

22 ure gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...