Oud-spioen kritiek ná blootstelling aan 'stof'
Die Britse polisie ondersoek nog of ’n misdaad plaasgevind het en kon nog nie bevestig waaraan Skripal en die vrou blootgestel is nie.
Die Independent berig hulle het geen sigbare tekens van beserings getoon nie. Albei is egter steeds in ’n kritieke toestand in die hoësorgeenheid van ’n plaaslike hospitaal.
Craig Holden, ’n woordvoerder van die Britse polisiediens, sê die vrou is nog nie positief geïdentifiseer nie. Die voorval word deur ’n interdissiplinêre taakspan ondersoek.
Spesialiste probeer bepaal wat veroorsaak het dat sy en Skripal bewusteloos geraak het.
Die Britse polisie het gesê die publiek is nie in gevaar nie, maar dele van die Maltings-winkelsentrum en die Salibury-distrikshospitaal is vir dekontaminasie gesluit.
Skripal was tot minstens 1999 ’n kolonel in die Russiese intelligensiediens. Hy is in 2004 gearresteer en het uiteindelik erken dat hy vir die Britse spioenasiediens, MI6, gewerk het. Hy het die identiteite van aktiewe agente in Europa vir betalings van meer as US$100 000 (sowat R1,185 miljoen) verruil. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie