Oud-Namibiu00ebr wen eis teen visepresident
Oud-Namibiu00ebr wen eis teen visepresident

Oud-Namibiër wen eis teen visepresident

'n Spogeiendom in Clifton, Suid-Afrika, is deel van die ­vergoeding wat toegeken is aan 'n man wat vir maande onwettig in Sentraal-Afrika aangehou is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Op 'n persoonlike vlak is dit die afsluiting van 'n hoofstuk. Tog gaan dit nog lank vat om heeltemal te herstel van die trauma en herinneringe wat hom teister nadat hy meer as 'n jaar in een van die mees berugte tronke in die wêreld moes deurbring.

Só sê die oud-Namibiër en voormalige gevangene van die berugte Black Beach-gevangenis in Ekwatoriaal-Guinee (EG), nadat sy skade­vergoedingseis teen die land se visepresident vir onregmatige aanhouding sonder verhoor geslaag het.

Vir die 51-jarige Daniel Janse van Rensburg is die uitspraak bittersoet.

“Geld sal nooit kan vergoed vir wat hierdie mense aan my en my gesin gedoen het nie, maar genade van Bo help.”

Janse van Rensburg (51) is vir 423 dae in die Black Beach-tronk in Malabo (EG) en ook vir 126 dae in 'n huis in dieselfde stad aangehou. Hy is in Augustus 2015 uiteindelik vrygelaat. Janse van Rensburg, wat tans in Hoekwil in Suid-Afrika woon, se aanhouding het gevolg nadat 'n regter opdrag gegee het dat hy vry was om die land te verlaat. Hy is aangehou sonder dat enige aanklagte teen hom ingedien is, of dat hy verhoor of gevonnis is.

Die eerste respondent in Janse van Rensburg se skadevergoedingseis van N$75 miljoen was mnr. Teodorin Nguema Obiang, tweede visepresident van die EG vir veiligheid en sekuriteit, politieke hoof en in beheer van die land se gewapende magte, polisie, tronke en aanhoudingsgeriewe.

Die registrateur van akte in die Wes-Kaap was as tweede respondent gelys en het betrekking gehad op die registrasie van die akte van twee vaste bates van Obiang in die Wes-Kaap, wat deel van die eis vorm.

Een van dié bates, 'n spoghuis in Clifton, Suid-Afrika, is in 2004 deur Obiang vir N$23,5 miljoen gekoop. Hierdie bate is nou deur die hof aan Janse van Rensburg toegeken. Volgens die hofstukke het Obiang erken hy het nooit in dié huis of nog 'n eiendom wat hy in dieselfde jaar in Bishop's Court vir N$26 miljoen gekoop het, tuisgegaan nie.

Volgens die hofstukke is ook beslag gelê op van Obiang se bates in Amerika en Frankryk deur die betrokke lande se regerings. Ook in dié howe is sy aanspraak op diplomatieke immuniteit verwerp.

In Amerika is sy herehuis in Malibu na bewering vir byna N$500 miljoen in opdrag van die hof verkoop in 'n saak wat die departement van justisie teen hom geopen het. Deel van sy skikking het ook sy versameling Michael Jackson-aandenkings ingesluit. Die Amerikaanse regering het ook beslag gelê op 'n Gulf Stream G-V Jet ter waarde van R38,5 miljoen wat deur Obiang gekoop is.

In 2012 is beslag gelê op Obiang se herehuis in die Franse hoofstad Parys, en 'n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname is uitgereik.

Janse van Rensburg is van 18 Desember 2013 tot 28 Februarie 2014 in die Black Beach-gevangenis aangehou. Hy is 'n tweede keer hier aangehou vanaf 4 Julie 2014 tot 26 Augustus 2015. In 2014 is hy tussen 28 Februarie en 4 Julie in haglike omstandighede op 'n eiendom in Malabo aangehou waar hy voortdurend dopgehou is.

Hy het in 'n onderhoud met Republikein beklemtoon die uitspraak is 'n oorwinning vir hom, maar ook vir dié wat steeds deur Black Beach se mure omring word.

“Dit is ook vir talle ander wat steeds hier mishandel word, wat nie in 'n posisie is om geregtigheid te kry nie; hulle deel saam met my in die oorwining,” het Janse van Rensburg gesê.

Hy sê hy werk aan 'n boek oor sy ervaring. Daarin getuig hy oor dit wat God vir hom en sy gesin gedoen het.

“Ek getuig waar ek genooi word om te vertel wat die Here vir my gedoen het.”

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.99 | EUR to NAD 20.54 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 208.86/OZ UP +0.83% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0028 | Zinc US$ 2 445.40/T DOWN -0.45% | Brent Crude Oil US$ 87.07/BBP UP +0.79% | Platinum US$ 896.85/OZ UP +0.22%