Oud en jonk takel Cycle Challenge

08 February 2019 | Sport
Andrew Poolman - Fietsryers, meer as ’n duisend van hulle, neem Sondagoggend soos gebruiklik die middestad van Windhoek oor en beweeg ook die Westelike Verbypad vir die 2019 Nedbank Cycle Challenge.

Met sy afstande van 20 km, 30 km, 60 km of 100 km en klem op massa-deelname is die byeenkoms jaarliks bykans ’n moet vir die hele gesin. Die Cycle Challenge is die bes ondersteunde fietsrybyeenkoms in die land.

Verlede jaar het Dan Craven in ’n harde resies aan die voorpunt die 100 km titel – asook die wennerstjek vir N$12 000 – voor Drikus Coetzee weggeraap.

Laas naweek moes beide van hulle egter trustaan toe die 18-jarige Alex Miller van Helmeringhausen in die verre suide die Pupkewitz Megabuild nasionale padfietsresies beklink het. ’n String ander sterk ryers kan egter ook tot in ’n laat stadium van die resies ’n beslissende aanval vir ’n plek op die podium maak.

By die vroue het Vera Adrian laas jaar teen Michelle Vorster en Michelle Döman gewen en sal weer die gunsteling wees.

• Die wegspring is Sondag om 07:00. Volg gerus die regstreekse dekking wat die NMH-span deur videostroom op die Facebook-blad van Windhoek Express gaan verskaf, wat ook die prysuitdeling agterna sal insluit.

Soortgelyk

 

NSFAF sluit ooreenkoms met Bank Windhoek

2 dae gelede | Onderwys

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) en Bank Windhoek het vandag ʼn ooreenkoms aangegaan vir ʼn nuwe stelsel waardeur geld aan kwalifiserende studente gestuur...

Chinees Dinsdag in hof ná werker se skietdood

2 dae gelede | Misdaad

Die man wat gister na bewering deur sy Chinese werknemer in die Andara-nedersetting doodgeskiet is, is as mnr. Andreas Hausiku (32) geïdentifiseer.Hausiku was ‘n inwoner...

Twintig jaar tronkstraf vir verkragter

2 dae gelede | Howe

‘n 34-jarige man van Otjiwarongo is gister 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die dogter was...

Taking charge

2 dae gelede | Mense

Mariselle Stofberg Anthea van Heerden decided to take a leap of faith to start her own company in Windhoek.She is the managing director and...

Moontlike deurbraak

2 dae gelede | Misdaad

Denver KistingDie man wat gisteroggend weens Maandag se bloedbad op Arandis aangekeer is, het glo vir etlike ure geweier om met die polisie saam te...

Só staan sake in die Namibiese huis

2 dae gelede | Regering

Denver KistingPres. Hage Geingob het gistermiddag gesê sy boodskap van “welvaart vir almal” moenie verkeerd verstaan word nie.Volgens hom was die bedoeling nooit om oordaad...

Kabajani blossoms at GIPF

2 dae gelede | Mense

Michelline Nawatises Annette Likeleli Kabajani is a holder of a bachelor’s degree from the University of Namibia (Unam). She has also attained several management and...

Baking a name for herself!

2 dae gelede | Mense

Ester Kamati At the age of 28, Alma Tangi Nakanduungileh is climbing the entrepreneurial ladder and adding sweetness to her clients’ lives. A qualified...

A passion to unlock potential

2 dae gelede | Mense

Ester KamatiJustina Mulokoshi is a chartered accountant (CA) at PwC who has big dreams and is constantly on the lookout for new ways to improve...