Oud en jonk geniet hulle by Abenab-dag
Terwyl die pa’s op die lande trekkerdemonstrasies bygewoon en die ma’s hulle aan die mooi stalletjies verlustig het, het die jongspan skyfgeskiet soos Zander en Wian Esterhuizen, of die ander twee karnallies in die modder baljaar. Die Abenab Slaglam-boeredag buite Tsumeb was Saterdag, net soos vorige jare, ’n reusesukses. Buiten vir die slaglamkompetisie, word die dag gereël om geld vir ouetehuise op Tsumeb, Grootfontein, Swakopmund en Hentiesbaai in te samel. Foto’s Ronelle Rademeyer
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie