Oud-Bolander sink Proteas in Paarl
Oud-Bolander sink Proteas in Paarl

Oud-Bolander sink Proteas in Paarl

Krieket
Altus Momberg – Dit was Sondag in die Paarl, in die tweede T20-krieketstryd teen Engeland, weer duidelik dat die Suid-Afrikaanse kolflys heeltemal te veel op Quinton de Kock en Faf du Plessis staatmaak.
Wanneer dié twee staatmakers nie groot beurte speel nie, teken die Proteas eenvoudig nie genoeg lopies aan nie.
Engeland (150/6) het die reeks van drie T20-stryde op Bolandpark beklink toe hy met vier paaltjies gewen het. Die wenlopies is van die voorlaaste bal behaal.
De Kock (30) en Du Plessis (11) het albei goed op dreef gelyk, maar kon nie hul goeie begin in groot kolfbeurte omskep nie en die druk is toe op die minder ervare kolwers in die SA kolflys geplaas om die beurt vleis te gee.
Die Proteas het uiteindelik tot ’n middelmatige 146/7 gesukkel. Teen ’n gedugte Engelse kolflys sou dit nooit genoeg wees nie.
Waar Johnny Bairstow Vrydagaand op Nuweland die held was, was dit dié keer Dawid Malan (55 van 40 balle; 7x4, 1x6) se beurt op Bolandpark.
Die oud-Bolander, wat in die Hoër Jongenskool Paarl op skool was, het geduldig gebou aan die beurt en toe in die pylvak uitstekend versnel.
Malan het weer gewys dat Engeland oor meer as ’n handvol wedstrydwenners in sy kolflys beskik.
As Jos Buttler, Jason Roy of Malan misluk, is daar steeds spelers van Ben Stokes en Eoin Morgan se kaliber om die wa deur die drif te trek.
Malan het ná die wedstryd gesê met soveel kolfkrag in hul span, glo hulle altyd dat hulle ’n wedstryd kan wen.
“Die kern van die span speel die afgelope vyf jaar saam. Hulle het die Wêreldbeker-toernooi gewen, hulle speel in die IPL en in ander groot toernooie. Hulle weet hoe om wedstryde op die groot verhoog te wen en dit is ’n fantastiese eienskap om te hê,” het Malan gesê.
Een van die min positiewe aspekte van die dag se spel vanuit ’n SA oogpunt, was die boulwerk van Anrich Nortjé en Tabraiz Shamsi.
Nortjé is in die plek van Beuran Hendricks gekies en met sy vaart het hy al die Engelse kolwers gepla.
Hy het in sy tweede boulbeurt ’n opslagbal van 151 km per uur afgestuur en Malan teen die skouer getref. Hy het dit opgevolg met nog ’n giftige aflewering (150 km/h), wat Malan dié keer tussen die bene getref het.
Die geluk was egter nie aan sy kant nie en hy kon nie dié druk in paaltjies omskep nie.
Shamsi (3/19) was ook uitstekend. Hy het die toestande baie goed benut en die paaltjies van Buttler, Bairstow en Stokes gekry.
• Vroeër het die Suid-Afrikaanse kolfbeurt nooit regtig aan die gang gekom nie.
Quinton de Kock en Temba Bavuma het 17 lopies van die derde boulbeurt – geboul deur Sam Curran – gemoker, maar Bavuma is deur Jofra Archer geboul en die beurt het toe sy momentum verloor en dit is nooit herwin nie.
George Linde (27 van 19 balle; 2x4, 1x6) het teen die einde ’n paar grenshoue geslaan, maar dit was helaas nie genoeg om ’n gedugte teiken daar te stel nie.
– Netwerk24


FOTO
Dawid Malan moker nog ’n bal grens toe in sy deurslaggewend beurt van 55 lopies teen die Proteas. Foto Gallo Images

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!