Ou onderwyskopsere kwel opnuut vanjaar

Waarnemende PS trek skouers op

08 January 2019 | Onderwys
Denver Kisting – Die waarnemende permanente sekretaris (PS) van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Charles Kabajani, het gister erken hy is onkundig oor die uitdagings van skoleplasings.

Trouens, het Kabajani by navraag aan Republikein gesê baie van die streekonderwysdirekteure wat kopsere rondom plasings moet hanteer, is steeds met verlof.

Hy was self eers gister weer in die tuig, het hy gesê.

Volgens hom sal hy eers vandag, wanneer die akademiese jaar amptelik vir leerlinge afskop, ’n aanduiding hê van die aard en omvang van die probleem.

Verwarring het gister in die hoofstad geheers oor presies waar ouers wie se kinders nog nie plek in skole het nie, om hulp mag aanklop.

Sommige het hulle tot die onderwysershulpbronnesentrum (TRC) in Katutura gewend, terwyl ander desperaat in en buite die Frans Indongo-gebou in die middestad saamgedrom het.

Een kennisgewing by die Frans Indongo-gebou lui dat plasings vir voornemende graad 8’s in Khomasstreek Donderdag sal geskied.

Nog ’n kennisgewing lig ouers, ook van voornemende graad 8’s, in om hulle nie tot die TRC of die streekkantoor te wend nie.

’n Paar ouers het op voorwaarde van anonimiteit met die koerant gepraat.

Een van die ouers sê haar twee kinders se pa, wat tot dusver vir hul privateskoolopleiding betaal het, het sedertdien sy werk verloor.

Volgens haar probeer sy reeds sedert verlede jaar onsuksesvol om plek vir dié twee in onderskeidelik graad 2 en 4 in ’n staatskool te kry.

Dié ma beweer sy word van bakboord na stuurboord verwys. “Ek is baie bekommerd. Ek het nie die geld om hulle terug te stuur na ’n private skool toe nie.”

’n Ander ma sê hulle het aan die einde van verlede van Ovitoto af Windhoek toe getrek.

Haar twee kinders – onderskeidelik vanjaar in graad 6 en graad 8 – was teen gister laatmiddag ook nog nie geholpe nie.

Sy sê daar is niemand om by Ovitoto na haar kinders om te sien nie en derhalwe moes sy hulle saambring Windhoek toe.

’n Ander ma se dogter was verlede jaar in graad 7 en het ’n A-gemiddeld behaal by Laerskool Emma Hoogenhout.

Luidens ’n brief van Hochland Hoërskool, wat sy saam met die kind se laaste rapport vir Republikein gewys het, het dié leerling reeds in September verlede jaar toelating tot graad 8 gekry.

Omdat hulle egter nie teen die volgende maand ’n bedrag van N$650 betaal het nie, het hulle dié meisie se plek verbeur.

Volgens haar het sy nie die brief ordentlik gelees nie.

Die brief dui egter nie die gevolge van wanbetaling aan nie.

Dit lui net dat die bedrag teen Vrydag 13 Oktober betaal moes gewees het om te help met uitgawes wat nie deur die regering gedek word nie.

Die desperate ma het aan die koerant gesê: “My probleem is baie groot. Ek het ’n intelligente dogter. Onkunde was ons probleem. Nou huil my kind by die huis.”

Nampa het gister berig ’n komitee is op Otjiwarongo op die been gebring om te help met plasings vir graad 1, 8 en 11 in die Otjozondjupastreek.

Daar was ook gistermiddag verwarring oor of skole vandag of môre heropen.

’n Skool op Rehoboth het ouers gister laat weet die skole heropen eers môre. Later is die ouers ingelig dat die skole vandag heropen.

Die rapport van die Emma Hoogenhout-leerling wat Republikein gesien het, dui ook aan die skole sou môre heropen.

Die ministerie het gistermiddag ’n verklaring oor skoleplasings uitgereik. Daarin sê hy maatreëls is ingestel om die situasie die hoof te probeer bied.

Soortgelyk

 

Uis-aanvaller Charles Namiseb kry 63 jaar

5 ure gelede | Howe

Die eens voortvlugtende Charles Namiseb, wat saam met ‘n makker tereg gestaan het vir die gewelddadige gewapende rooftog op ’n bejaarde egpaar van Uis op...

Padgebruik al duurder

11 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

11 ure gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

12 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

22 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

22 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

22 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

22 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

22 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...