Ou munt in die sand
Ou munt in die sand

Ou munt in die sand

Tanja Bause
Tanja Bause – Tydens ’n uitstappie met haar twee honde op Lüderitz het me. Jessica Kemper ’n muntstuk opgetel wat in 1911 in Hamburg, Duitsland, vervaardig is.

“Ek het oudergewoonte op 22 Julie met Skua en Kanga agter die tweede strandmeer gaan stap. Skua het ’n ou been opgetel en toe ek haar terugroep, het sy die been voor my op die sand laat val. Ek buk toe af en sien die muntstuk in die sand lê,” sê sy.

Kemper het op die internet gaan navors en vasgestel dat dié 10 pennie-muntstuk tot 1916 in Duitsland vervaardig is. Die koper-nikkel-mengsel wat gebruik is, is die rede waarom dit nog in so ’n goeie toestand is.

“Omdat daar nog so baie van die muntstukke in die wêreld is, is sy waarde maar tussen €1.50 en €4,” sê sy.

Voor en agter is ’n klein “J” wat daarop dui dat die spesifieke munt in Hamburg gemaak is.

“Ons vind gereeld ou bottels in die berge, maar ek het nog nooit ’n muntstuk gekry nie. Veral nie een wat nog in so ’n goeie toestand is nie. Ek wonder hoe op aarde dit in die berge so ver buite die dorp beland het?”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!