'Ou' medisyne glo by tronk uitgedeel

09 March 2018 | Ministeries
Henriette Lamprecht - Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste moet binne 30 dae ’n onafhanklike forensiese oudit van stapel stuur om alle farmaseutiese produkte waarvan die vervaldatum verstryk het, te ondersoek en te vernietig.

Dié versoek vorm deel van ’n aansoek in die hoërhof deur ’n gevangene wat beweer medisyne wat reeds verval het, is by meer as een geleentheid aan hom uitgereik.

Moses Opio (41), ’n gevangene by die Everistus Shikongo-gevangenis by Tsumeb, wil ook ’n siviele eis vir skadevergoeding teen die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste instel vir die skending van verskeie van sy basiese menseregte.

Opio vra voorts die hof om die ministerie van veiligheid en sekuriteit opdrag te gee om dringend meer verpleegpersoneel in diens te neem sodat gesondheidsdienste kan uitbrei en behoorlik en betyds verskaf kan word.

Deel van die aansoek sluit ook in ’n opdrag aan die Windhoek Sentrale Gevangenis om Opio betyds by die hospitaal te besorg, om ’n afskrif van sy gesondheidspaspoort aan hom te oorhandig, sowel as om “onvoorwaardelike” toegang aan alle gevangenes tot die tronk se kliniek, ingesluit naweke en “sonder verskonings” te bied.

Opio sê in hofstukke hy het op 6 September verlede jaar by die staatshospitaal op Tsumeb medikasie vir hoë bloeddruk (Amiloride) ontvang wat reeds in Maart dieselfde jaar verval het. Dit was ook die geval met Bio Atenolol, wat in Augustus 2017 verval het.

Op 19 Januarie vanjaar is medikasie glo aan hom uitgereik wat in Maart 2016 verval het en geen lotnommer gehad het nie. Volgens Opio se verklaring is die weglating van die lotnommer met betrekking tot mediese en regsaspekte ’n oortreding en gelykstaande aan regsverydeling.

Opio sê voorts hy is op 26 Januarie in die Katutura-staatshospitaal vir tandheelkundige prosedures opgeneem. Hy het egter eers drie dae later die voorgeskrewe medikasie ontvang, en die pyn en angs wat hy sonder medikasie moes verduur, was volgens hom gelykstaande aan marteling.

Sy verklaring sê voorts dié betrokke medikasie sou binne twee dae verval.

Volgens Opio is dit nie net hy aan wie ou medisyne voorgeskryf is nie, met die gevolg dat “ander kosbare lewens” ook hierdeur geraak is omdat die staat nie net een dosis vir een pasiënt bestel nie.

Hy verwys in sy verklaring voorts na mediese personeel in die Hardap-gevangenis wat glo begin het om die vervaldatums van medikasie “af te knip”.

Aangeheg by die verklaring is bewyse van medikasie wat aan twee mense in Januarie vanjaar uitgereik is, maar wat reeds in April 2016 verval het.

Een van die mense wat die medikasie geneem het, was volgens Opio die dag ná hy die medikasie geneem het “baie siek” en kon glo ook nie die oggend “wakker word” nie.

Soortgelyk

 

Elfjarige byna ontvoer

2 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

2 ure gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

2 ure gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

2 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

2 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...

Die Kontrak is hier!

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv, kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon...