Ou Krugerrande is kosbaar verbý
Indien jy in 1967 R10 000 se Krugerrande gekoop het toe dit die eerste keer bekend gestel is, sou die belegging vandag tussen R6 miljoen en R7 miljoen werd gewees het, sê Alan Demby, uitvoerende voorsitter van The Scoin Shop.
Daar kan dus verwag word dat beleggers die beperkte hoeveelheid proef-Krugerrande, wat onlangs uitgereik is ter herdenking van die eerste Krugerrand wat 50 jaar gelede gemunt is, sal opraap.
Slegs 1 967 van die 1 ons troois (’n term wat gebruik word om juweliersgewig uit te druk en gelyk is aan sowat 31,1 g), 22 karaat-proefmunte, is uitgereik, sê die South African Gold Coin Exchange in ’n verklaring.
Die afgelope 50 jaar is byna 60 miljoen Krugerrande verkoop, wat dit een van die wêreld se gewildste goue munte onder versamelaars maak, sê die Exchange.
“Die gedenkmunte is ’n versamelaarsitem en langtermynbelegging wat met tyd in waarde toeneem,” sê Demby.
Die spesiale munte wat vanjaar uitgereik is, kos R59 000, hoofsaaklik vanweë die seldsaamheid daarvan met net 1 967 wat gemunt is.
Die munt van Krugerrande is gemotiveer deur die Suid-Afrikaanse Kamer van Mynwese om waarde toe te voeg tot die land se goudproduksie deur individue in staat te stel om goud te bekom.
Richard Collocott, uitvoerende hoof van bemarking by Rand Refinery, wat die Krugerrande in samewerking met die SA Munt vervaardig, sê sowat 53 miljoen onse goud is sedert 1967 gemunt.
Demby wys daarop dat nagenoeg 90% van die 60 miljoen Krugerrande wat vervaardig is internasionaal verkoop is en só heelwat in buitelandse valuta vir die land verdien het.
Volgens die Exchange het Krugerrande eerste die besit van goud as verhandelbare of versamelaarsitem vir individue toeganklik gemaak.
Verkope is byna dubbeld dié van sy naaste mededingers, naamlik die American Eagle en Canadian Maple Leaf, wat sedert die jare tagtig beskikbaar is. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie