Ou kliphospitaal op Keetmans gerestoureer

Die destydse kliphospitaal op Keetmanshoop spog met 'n nuwe jurk.
Denver Kisting
Denver Kisting



“Die ou Keetmanshoop- kliphospitaal, soos dit vroeër in my tyd bekend gestaan het, word reeds jare deur die staat as kantore vir die ministerie van die omgewing en toerisme (MET) gebruik.”

So vertel mnr. Kurt Johannesson, die president van die Johanniter Hilfswerk Namibia (JHN).

Ongelukkig, sê hy, het die jare hul tol op die gebou geëis. “Jare lange verval het voorgekom, ingangspilare [was] besig om inmekaar te val; verfwerk het ook agterweë gebly.”

Daar was egter 'n behoefte om hierdie geskiedkundige gebou behoue te laat bly, sê Johannesson. “Hierdie veldhospitaal (Lazarett) het 'n lang invloedryke geskiedenis.

“Lazarett was reeds in die vroeë 1900's 'n aktuele besprekingstema omdat die enigste distrikshospitaal op Lüderitz was.”

Dié toedrag van sake het 'n aanvullende hospitaal genoodsaak, sê hy.

“Op aanbeveling van die ere-ridder en bevelvoerder van die Schutztruppe, majoor Joachim van Heydebreck (1861-1914), het die Orde van die Johanniter in 1910 besluit om 'n hospitaal in die Suide te bou.”

Daar is nie om dowe neute op Keetmanshoop besluit nie, sê hy. “Die oorweging vir Keetmanshoop was dat daar 'n spoorverbinding was.”

Johannesson vertel opgewonde via e-pos “hierdie pragtige en statige ­kliphospitaal met sy veranda/stoep is op 22 Augustus 1913 in die teenwoordigheid van Goewerneur Seitz en vrou amptelik ingewy.”

Volgens hom het “die orde ook twee verpleegsters uit Duitsland tot beskikking gestel. Dit moet genoem word dat die gemeenskap van Keetmanshoop 6 000 Mark bygedra het tot hierdie projek.”



OORLOG BRING DESTYDSE EINDE

Ongelukkig, sê hy, het die Custodian of Enemy Property ná die Eerste Wêreld­oorlog op hierdie gebou beslag gelê.

“Alhoewel die gebou nie meer aan die Johanniter Orde behoort nie en die verwaarlosing groot was, het die Orde met die goedkeuring van die MET besluit om die twee pilare by die ingang en die agthoekige ster – die teken van die Johanniter Orde – te restoureer en te verf. Dit is met welslae deur 'n Keetmanshoop-bouer gedoen,” vertel hy.

“Wanneer toeriste van die Noorde Keetmanshoop binnery, groet hierdie waardige klipgebou jou aan die regterkant. 'n Ware sieraad van Keetmanshoop; 'n gebou wat jare lank diens as ­hospitaal gelewer het en waar etlike kinders gebore is.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!