Ou identiteitsdokument hoef nie vir nuwe omgeruil te word
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit sê dit is nie nodig vir Namibiërs om hul ou identiteitsdokumente vir die nuwe dokumente om te ruil wat onlangs amptelik bekendgestel is nie. Volgens die ministerie is alle huidige dokumente steeds geldig. Slegs id's wat nuut uitgereik word en wat duplikate insluit, sal die nuwe voorkoms hê. Eerste aansoeke is gratis, hoewel inwoners vir 'n duplikaat sal moet opdok.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie