Ou beursbeleid finansier 'enige' student
Ou beursbeleid finansier 'enige' student

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

Omstrede mediese studente is op eie koste na die buiteland om by universiteite te studeer wat nie geakkrediteer is nie.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde hê nie, hoe hard jy ook al probeer.

“As jy nie wiskunde, wetenskap of biologie het, wat kritieke bestanddele vir medies en ingenieurswese is nie, kan jy nie die resep maak nie. Jy kan dit eenvoudig net nie word nie.”

Die adjunkminister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Becky Ndjoze-Ojo, het in die Nasionale Vergadering (NV) gereageer op 'n vraag van die Popular Democratic Movement (PDM) oor die groep studente van Oekraïne, Rusland en China wie se kwalifikasies nie met hul terugkeer na Namibië in die land erken word nie.

Volgens Ndjoze-Ojo het die ministerie die groep studente nie soontoe gestuur of ooreenkomste met die betrokke universiteite en lande aangegaan nie.

“Die studente het self die aanvank­like fooie betaal tot hulle dit nie meer kon bekostig nie. Hulle was gestrand en het toe by die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) vir finansiering aansoek gedoen,” het sy gesê.

Volgens die minister was die NSFAF se beleid in 2014 dat enige student gefinansier word, wat toelating by enige universiteit het met welke punte ook al.

In dié geval is 153 studente in Oekraïene, 97 in China en 45 in Rusland gefinansier.

Dié studente het nie aan die minimumvereiste van 35 punte in vyf vakke in graad 12 voldoen nie, terwyl die universiteite ook nie deur die ministerie gekeur of deur die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) geakkrediteer is nie.

Die NSFAF het die afgelope vyf jaar finansiële ondersteuning aan 453 studente in die buiteland verleen, wat in 'n mediese en tandheelkundige rigting studeer.

In 2014 is 313 studente se beurse volgens die NSFAF se ou beleid toegeken. Met die vernuwing van die beleid in dieselfde jaar is slegs 27 studente in 2015 gefinansier.

“Al dié studente, ook diegene wat voor 2014 beurse ontvang het en in 2014 op die NSFAF se databasis was, het 617 in totaal behels. NSFAF se totale koste vir mediese studente was N$43,5 miljoen, en vir die 34 tandheelkundige studente N$1,2 miljoen.”

Volgens Ndjoze-Ojo het 199 studente volgens die NSFAF-databasis hul studies in die betrokke rigtings voltooi.

Sestien van dié studente is tans met nagraadse studies besig.

Ndjoze-Ojo kon nie sê hoeveel studente uit die totale groep wat hul studies wel voltooi het, tans in Namibië werksaam is nie.

Studente wat in 2011-'12 en tussen 2012 en 2014 oorsee is om te gaan studeer, is op hul eie koste na die buiteland en het by universiteite gestudeer wat nie by die NQA geakkrediteer is nie en ook nie deur die ministerie goedgekeur is nie.

Die NSFAF in sy huidige vorm as semistaatsinstelling het in 2013 eers werksaam geraak.

“Die studente het op hul eie aansoek gedoen by instellings wat nie deur die NQA geakrediteer is nie, en is na verskeie lande om op hul eie onkoste te gaan studeer. Nie een van hierdie studente is deur die NSFAF gestuur nie,” het Ndjoze-Ojo gesê.

Die meeste van die studente het in Oekraïne, China en Rusland gaan studeer en is wel deur die NSFAF in 2014 gefinansier toe die instelling se toekenningsbeleid bepaal het enigeen wat by 'n universiteit toegelaat is, word gefinansier.

Die enigste vereiste was dat die student 'n toelatingsbrief moes hê.

Volgens die minister is streng vereistes vir finansiering in dieselfde jaar ingestel, wat bepaal het slegs studente met 35 punte en meer in vyf vakke in graad 12 sal gefinansier word.

Volgens die minister was dit egter “te laat” omdat die meeste studente wat gefinansier is nie aan die nuwe vereistes voldoen het nie.

“Hulle is reeds gefinansier en gradueer nou van nie-geakkrediteerde instellings met kwalifikasies wat nie erken word nie,” het sy gesê.

Wat studente met beurse by instellings in onder meer Oekraïne, Rusland en China betref, het sy gesê dié lande het die aansoekproses self hanteer.

Die NSFAF was slegs vir sakgeld en studente se vlugte verantwoordelik.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.40/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 867.80/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.82/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 931.41/OZ DOWN -0.0051 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 397.40/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.48/lb UP +1.37% | Zinc US$ 2 867.80/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.82/BBP UP +0.76% | Platinum US$ 931.41/OZ DOWN -0.0051