Otweya-behuisingsprojek skop af

Daar is opnuut hoop vir die Twaloloka-brandslagoffers.
Leandrea Louw
Lenadrea Louw op WalvisbaaiDie projek wat die bou van 121 huise in die informele nedersetting Otweya behels, is Maandag met ’n sooispitseremonie ingewy.
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, het die seremonie gelei saam met sy adjunkminister, mnr. Derek Klazen, die Erongo-goewerneur, mnr. Neville Andre, en die burgemeester van Walvisbaai, mnr. Trevino Forbes.
Uutoni het gesê die sentrale regering het fondse beskikbaar gestel vir die herstelwerk en bou van huise in Otweya, vir gesinne wat swaargekry het nadat hul huise afgebrand het.
“Opeenhoping sal nou iets van die verlede wees, aangesien die nedersetting behoorlik afgebaken is met behoorlike paaie vir maklike toegang, wat meer ruimte aan individuele huishoudings bied. Inwoners sal ook toegang tot geriewe soos water, riool en elektrisiteit hê.”
Die minister het begunstigdes aangemoedig om nie net stil te sit nie, maar gereed te wees om hand by te sit met die bouwerk.
“Moenie wag dat iemand hierdie dinge vir julle kom doen nie. As die konstruksie begin, wil ek hê julle moet inspring en help om dié huise te bou.
“Ek sal oor twee weke terug wees om te kom kyk!”
HOU BY TYDSBEPALING
“Die suksesvolle en tydige voltooiing van hierdie behuisingsprojek sal ’n bron van hoop en trots vir huiseienaars in Otweya wees. Ek doen ’n beroep op die kontrakteurs (die Shack Dwellers Federation) om seker te maak dat hierdie projek volgens die verwagte tydsraamwerk uitgevoer word,” het Uutoni gesê.
Verder het hy die Walvisbaai- munisipaliteit aangemoedig om meer aandag aan hierdie soort projekte te gee, en bygevoeg dat hy as ’n lynminister “sal voortgaan om meer fondse vir plaaslike owerhede te beywer”.
Forbes, die burgemeester van Walvisbaai, het gesê die 121 huise wat gebou word, moet dien as ’n baken van hoop vir elke hawelose persoon in Walvisbaai.
“Hierdie projek moet bewys dat hulle ook eendag huiseienaars kan wees. Dit moet ’n simbool wees van wat kan bereik word as mense saamwerk.”
Hy het bygevoeg die dorpsraad wil inwoners die versekering gee dat ’n plakkersvrye Walvisbaai ’n droom is waaraan hulle hard werk.
“Ons gesamentlike verbintenis tot die verbetering van inwoners se lewens word vandag weer eens beklemtoon en bly vir ons ’n prioriteit.
“Ek kan julle verseker, met die hulp van die sentrale regering is daar nog baie sulke projekte in die toekoms.”
Andre, die streekgoewerneur, het gesê ’n speelgrond en klein sportsentrum sal ook later in die area gebou word.
Mnr. Naftal Utoni van die Shack Dwellers Federation het belowe om die huise binne twee en ’n half maande klaar te hê.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!