Otjozondjupa steier onder padongelukke
Otjozondjupa steier onder padongelukke
01 April 2019 | Ongelukke
Tanja Bause - Die Otjozondjupastreek, met ‘n bevolking van 158 237 mense, het die hoogste aantal padongelukke per 100 000 mense in die land.
Dit beteken 429 mense uit 100 000 in dié streek was al by padongelukke betrokke.
Dít in vergelyking met die nasionale gemiddeld van 253 slagoffers per 100 000 mense.
Dié inligting was deel van ’n verklaring wat die Namibiese Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) onlangs uitgereik het.
As 'n deurgangstreek het Otjozondjupa die hoogste getal sterftes aangeteken, wat 95 lewens oor 'n tydperk van vyf jaar behels het.
Volgens mnr. Horst Heimstadt, van die Private Sektor-padveiligheidsforum (PSRSF), dra die feit dat die paaie in dié streek vol draaie en heuwels is, grootliks by tot die hoë ongeluksyfer, asook bestuurders se nalatigheid en gedrag.
“Mense steek by blinde hoogtes verby, asook op sperstrepe en terwyl voertuie van voor af kom. Die paaie in dié streek het ook nie genoeg ruimte langs die pad om ’n ongeluk te verhoed nie. Op die pad tussen Okahandja en Karibib is heelwat minder kop-teen-kop-botsings omdat daar genoeg ruimte is om uit te swaai wanneer nodig,” sê Heimstadt.
“Nog ’n faktor is spoed. Mense ry eenvoudig te vinnig. Dit is ook hoekom voertuie so dikwels omslaan. Die bestuurder verloor beheer en die voertuig slaan om. Paaie in dié streek is uitgestrek en vervelig, en mense verloor konsentrasie en ry al hoe vinniger,” sê hy.
Die MVAF het sy dienste na die Otjozondjupastreek uitgebrei om padveiligheid te bevorder.
Sy Fonds op Wiele is ’n uitreikprogram wat openbare bewustheid oor algemene padveiligheid bevorder, nuwe eise help registreer en eisverwante navrae behartig.
“Daarbenewens is skoolpatrollies by die Laerskole Wilhelm Nortier, Makalani, Omulunga, Kalenga en Hoërskool Grootfontein gedoen. Dit strook met die fonds se strategie om bewustheid van voetgangerveiligheid onder skoolkinders te bevorder,” lui die verslag.
Die fonds het vragmotorbestuurders op Grootfontein by die padblokkade toegespreek.
Die fokus was op voorbereiding, ’n volledige passasierlys en bestuurdersgedrag.
Passasiers is oor die gebruik van veiligheidsgordels ingelig en aangemoedig om swak gedrag op die paaie aan te meld.

Soortgelyk
KOLLIG Voorblad
1 dag gelede | Byvoegsels
ECN gaan Itula se aansoek teenstaan
1 dag gelede | Politiek
Ekonomie bloei lánkal
1 dag gelede | Plaaslik
NOU AAN DIE GANG
1 dag gelede | Byvoegsels
Geskorste raadslede van Rehoboth herkies
1 dag gelede | Regering
Weer vir 13 Desember 2019
1 dag gelede | Weer
STEMFEITE: NAM & SA 2019
1 dag gelede | Politiek
NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer
1 dag gelede | Howe
CoW baklei teen beslaglegging
1 dag gelede | Regering
Kleinadvertensies