Otji-raadslid van intimidasie beskuldig
Otji-raadslid van intimidasie beskuldig

Otji-raadslid van intimidasie beskuldig

‘n Swapo-raadslid ontken hy intimideer ondersteuners van mnr. Bernadus Swartbooi op Otjiwarongo.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Organiseerders van die Landless People’s Movement (LPM) beskuldig mnr. Julius Neumbo, die Swapo-raadslid op Otjiwarongo, daarvan dat hy die kieserkaarte van minstens 60 ondersteuners van dié beweging gekonfiskeer het.

Inwoners van die Ombili- informele nedersetting het na wat berig word hul steun aan die LPM toegesê om by die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) as ‘n party te registreer met die oog op die nasionale verkiesing aanstaande jaar.

Die LPM-organiseerder, mnr. Frans Pemboma, sê Neumbo het verlede Sondag, vergesel van twee mans, by sy huis opgedaag en daarop aangedring dat hy die kieserkaarte wat hy ingesamel het, aan hom oorhandig.

Hy sê Neumbo het die kaarte geneem en gesê die kiesers moet na sy kantoor gaan indien hulle hul kaarte wil terughê. Volgens Pemboma is dit ‘n poging om die mense wat by die LPM wil aansluit, te intimideer.

‘n Ander LPM-organiseerder, mnr. Jakob Hausiku, het dit bevestig en sê hy is op 26 Junie deur ‘n inligtingsoffisier van die polisie, slegs bekend as Carlos, genader. Laasgenoemde wou hom (Hausiku) na bewering na die polisiekantoor vir ondervraging neem.

Hausiku voer verder aan onbekende polisiebeamptes het inwoners van Ombili “gedreig” om nie aan die LPM se aktiwiteite deel te neem nie.

Neumbo ontken hierdie beweringe en sê Pemboma het hom gevra om die kieserkaarte vir veilige bewaring saam met hom te neem en benadruk hy het dit nie gekonfiskeer nie.

Volgens hom was hy in die Noorde toe hy ingelig is mense word geregistreer. Hy het die burgemeester, mnr. Bennes Haimbondi, gebel om vas te stel wat aangaan. Terug op dié dorp het hy gehoor die registrasierye raak al langer en hy het radioluisteraars via die NBC se Oshiwambo-diens teen “verdagte optrede” gewaarsku.

“Dit is nie die eerste keer dat hierdie tipe mense daardie gemeenskappe registreer nie. ‘n Vorige keer moes kiesers N$40 betaal en huise is aan hulle belowe. Dit is hoekom ek gedink het ek moet die mense waarsku,” sê Neumbo. Hy het dit ook met die ECN bespreek.

Hy hou vol hy het gedink iemand wil die mense inloop en sê hy sal hul kieserkaarte teruggee. “Ek is nie ‘n Swapo-raadslid nie. Ek is ‘n raadslid vir die regering,” sê hy.

Die LPM-organiseerders ontken Neumbo se aantygings ten sterkste en sê hulle wou net mense registreer en het nie vir hulle huise belowe nie. Die vorm wat mense moet voltooi, dui ook duidelik aan dit is met die oog op die LPM se registrasie by die ECN as politieke party.

Mnr. Henny Seibeb, die LMP se nasionale sekretaris, sê hy het Neumbo oor die kwessie gebel en voer aan sy optrede was duidelik daarop gemik om ondersteuners te intimideer.

“Ek het aan hom verduidelik hoe demokrasie werk en dat daar vir enige party of burgerlike beweging ruimte is. Die politieke ruimte is nie net vir Swapo nie; ons is nie ‘n eenpartystaat nie,” sê Seibeb.

Hy beweer verder Neumbo het Ombili saam met die polisie besoek om LPM-ondersteuners te verhoed om aan te sluit. Hy meen Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Sophia Shaningwa, en die hoof van die polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, moet teen Neumbo optree.

Die hoof van die polisie in die Otjozondjupastreek, komm. Heinrich Tjiveze, sê die LPM-leier, mnr. Bernadus Swartbooi, het met hom oor die kwessie gepraat.

“Hy het nie vir my enigiets konkreet gegee nie en daarsonder kan ek dit nie amptelik opvolg nie,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%