Otavi: Waardasies skiet die hoogte in

Die omstrede nuwe waardasie­rol vir 'n Noordedorp word omgewe deur beweringe van intimidasie, misleiding en wanpraktyke.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Verskeie inwoners van Otavi en eienaars van omliggende plase, wat nou ook binne die munisipale gebied val, wend hulle vandag na die waardasiehof nadat die stadsraad eiendomme se waardes met tot soveel as 1 377% opgestoot het.
Dit volg nadat die aanvanklike rol vroeër vanjaar weens ’n fout met die prosedure daarvan deur die landdroshof geskrap is en ’n nuwe een op 20 Februarie met enorme waardeverhogings beskikbaar gestel is.
Inwoners is van mening dat só ’n verhoging nie geregverdig kan word nie, dat dit tot onbekostigbare munisipale belastings sal lei en sê verder dat sommige inwoners glo nie ’n regverdige geleentheid ontvang het om beswaar teen die rol aan te teken nie.
Dit volg nadat beswaarmakers op Maandag (13 Maart) by die munisipale geboue saamgedrom het om onder meer hul foonnommers op ’n register van besware in te vul. Volgens ’n eedsverklaring deur die inwoners het die onderburgemeester, mnr. George Gurab, glo opgedaag en die register weggeneem. Dit is egter later weer teruggegee.
Nog ’n inwoner sê die waardasierol is ook voortydig op die dag verwyder. Dit is glo na ’n vergadering geneem.
In die eedverklaring beweer inwoners dat verskeie mense se regte deur dié handelinge geskend is. Verder sê inwoners in die eedsverklaring dat hulle deur Garab ingelig is dat hul besware onnodig is, aangesien die voorlopige rol gekanselleer of uitgestel is.
Voorts is daar na bewering ook aan inwoners gesê hulle kan nie beswaar aanteken sonder bewyse dat hulle eiendom besit nie of in geval waar hulle agterstallige munisipale rekeninge het nie. Inwoners van die Saamstaan-woonbuurt is na glo weggewys en daar is na bewering gesê hul besware kan nie nou geneem word nie, maar sal apart aangehoor word.
Sekere gemeenskapsleiers sou verlede Donderdag (9 Maart) ’n vergadering reël sodat inwoners oor die waardasierol en implikasies daarvan ingelig kon word, maar beweer hulle het dreigemente ontvang en die vergadering se datum en venue is inderhaas verander.

MUNISIPALITEIT REAGEER
Die munisipaliteit se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Pesella Nundu, het gister egter aan Republikein gesê hy kan nie bevestig dat waardes soveel verhoog is nie, aangesien hy nie die rol by hom gehad het nie.
“Inwoners kry egter die geleentheid om hul saak in die landroshof te gaan stel,” het hy gesê. Hy het ook gesê hy is nie bewus daarvan dat die waardasierol of register van beswaarmakers Maandag verwyder is terwyl mense nog besware aangeteken het nie. Volgens hom was die voorlopige rol heeltyd beskikbaar. Hy het ook beweringe van intimidasie voor die gemeenskapsvergadering ontken.
Republikein kon eers láát die dag met mnr. Moses Matyayi, die munisipaliteit se uitvoerende hoof, in verbinding tree. Hy het aangedui dat hy op reis is, maar wel op Republikein se vrae sal reageer. Hy het egter gesê dat hy te kort kennisgewing gegee is en meer tyd nodig het om vrae te beantwoord.

INWONERS SÊ
Mnr. Jafta Gaoab, wat sy ouers wat op die dorp woon se munisipale heffings namens hulle betaal, sê geen inwoners is onwillig om die munisipaliteit te betaal wat dit toekom nie, maar dis belangrik dat die verhogings regverdig, redelik en wettig moet wees.
Hy sê die prosesse wat gevolg is toe inwoners beswaar wou aanteken, het inwoners mislei, intimideer en van hul demokratiese regte ontneem.
Nog ’n eienaar van residensiële eiendom, mnr. Victor Damaseb, sê hy beskou die prysverhoging as buitensporig.
“Vergelyk dit byvoorbeeld met Otjiwarongo se waardasierol van verlede jaar, wat op N$65 per m2 gestaan het. Die voorlopige rol vir Otavi staan op N$115 per m2. Hoekom is dit duurder om in Otjiwarongo as in Otavi te woon – jy kan die twee dorpe nie eers vergelyk in terme van infrastruktuur en dienste nie!”
Damaseb sê verder ook die stadsraad het nie met mense gekonsulteer om die proses en konsep van waardasies aan hulle te verduidelik nie.
Hy het gesê alhoewel die waardasiehof vandag in die dorp se magistraatshof sal begin, verwag hy dat baie besware geskrap sal word omrede mense nie kennis het hoe om beswaar aan te teken of behoorlik oor die proses ingelig is nie.
“Te minste, as jy beswaar aangeteken het, het jy die geleentheid om appèl aan te teken. Dit is egter ’n duur proses en elke individu moet nou regsadvies kry.”
Nog ’n huiseienaar op die dorp, mnr. Jan Harmse sê sy erf is in 2010 vir N$10 900 gewaardeer, vergeleke met die jongste rol, waarin dit teen N$161 000 gewaardeer word – ’n verhoging van 1377%. Die waardasie van sy verbeteringe op die eiendom het ook nou met 235,7% verhoog.
Hy sê intussen is dienslewering uiters swak as dit kom by die skraap en onderhouding van paaie asook die dorp se rioolstelsel.
’n Plaaseienaar, wie se grond ná die vergroting van die dorpsgrense nou ook in munisipale gebied val, het ook gesê hy sal voorts vyf keer meer belasting per maand vir sy grond moet opdok.
Me. Henriette Güpner sê die enorme verhoging in waardasies van eiendomme verhoog belasting onrealisties – ’n ondraagbare las vir inwoners. “Die verhoging van belasting op erwe is gemiddeld 472% en nog baie hoër op besigheidserwe.”



Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36%