Otavi kry ’n Namcor-vulstasie
Otavi kry ’n Namcor-vulstasie
10 vulstasies teen 2021
16 July 2018 | Energie
Augetto Graig - Namcor, die staatsonderneming wat die Namibiese mark van brandstof voorsien, het onlangs ’n tender voorgestel om ’n splinternuwe vulstasie op Otavi te bou.
Volgens Namcor se woordvoerder, me. Nangombe Negumbo, sal dit die derde Namcor-vulstasie in die land wees.
Daar is reeds een by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en een op Ongwediva.
Negumbo sê Namcor het reeds die perseel vir die nuwe vulstasie op Otavi aangekoop.
Dit is op die hoek van die B1- nasionale pad en Republiekstraat.
Daar sal Namibiese motoriste alle tipes brandstof kan koop wat plaaslik gebruik word, asook verskeie smeermiddels wat die staatsonderneming verskaf.
’n Geriefswinkel, wat padkos verkoop, sal ook gebou word.
Die aansoekperiode vir tenders sluit op 3 Augustus, en Namcor hoop die nuwe stasie sal teen die einde van Januarie volgende jaar vir besigheid oop wees.
Volgens Negumbo beplan Namcor om teen die jaar 2021 sowat 10 vulstasies oor die land te open.
Sy sê dié vulstasies sal deur uitstekende kliëntediens, gerieflike betalingsoplossings, goeie gehalte brandstof en ’n besige geriefswinkel gekenmerk word.
Aansoekers vir dié tender se tegniese, bestuurs- en finansiële vaardighede, asook hul ervaring van soortgelyke projekte sal in ag geneem word, sê sy.
“Die suksesvolle bieër sal aangestel word ná die verkrygingsproses afgehandel is,” sê Negumbo.
Namcor hoop om deur die bou van hierdie vulstasies hul bronne van inkomste uit te brei, “om sodoende in kommersiële lewensvatbare staatsbesit te wees,” sê sy.
Hulle beoog “volumegroei en verhoogde inkomstevlakke en om erken te word as 'n handelsmerk waarop Namibiërs trots kan wees,” sê Negumbo.

Soortgelyk
‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’
13 ure gelede | Weer
‘Aarde lag deur haar gebarste gesig’
13 ure gelede | Tuisblad
Parlement skop Woensdag sy werksaamhede af
1 dag gelede | Regering
Registrasiefooie by NUST nou N$2 000 minder
1 dag gelede | Onderwys
Man sterf in ongeluk naby Rehoboth
1 dag gelede | Ongelukke
Grondwet mag nie ‘papierdroom’ wees
1 dag gelede | Mense
Groter stoom vir TransNamib
1 dag gelede | Vervoer
NSFAF: Finale betalings voor 28 Februarie
1 dag gelede | Onderwys
Weer, Vrydag 8 Februarie 2019
1 dag gelede | Weer
Kleinadvertensies