OSS-leerlinge raak vennote van die toekoms
Die Duitse ambassade in Windhoek en die Goethe-instituut Namibië het onlangs PASCH (Schools: Partners for the Future)-akkreditering aan die Sekondêre Skool Otjiwarongo (OSS) oorhandig en ’n samewerkingsooreenkoms onderteken.
Hiermee word OSS een van 1 800 skole wêreldwyd en een van sewe in Namibië wat deel is van die program.
“Die inisiatief het dit ten doel om jong mense vennote van die toekoms te maak deur ’n blywende belang in ons land, ons samelewing en waardes te ontwikkel deur die onderrig van die Duitse taal en kultuur,” het die saakgelastigde van die Duitse ambassade, mnr. Ullrich Kinne, gesê.
PASCH-Skole is ’n wêreldwye program vir die ontwikkeling en bevordering van Duitse onderrig by uitgesoekte skole wat interkulturele uitruiling aanmoedig.
As lid van PASCH is OSS se Duitse klaskamer teen ‘n koste van N$400 000 opgeknap. Dit sluit in die installering van moderne onderwystegnologie en die voorsiening van onderrigmateriaal wat vir doeltreffende onderwys ontwikkel is. Voorts sluit die ooreenkoms ook ondersteuning in deur die oordrag van kennis en beurse vir onderwysers by universiteite in Duitsland.
“PASCH maak toegang tot gevorderde onderrig tegnieke moontlik en daarom het ons ’n interaktiewe bord aangebring wat onderwysers toelaat om seker hulpbronne te gebruik wanneer hulle Duitse lesse aanbied,” het Corinna Burth van die Goethe-instuut gesê.
“Hierdie is vir ons ’n groot oomblik omdat ons ’n droom wat vyf jaar gelede begin het, nou verwesenlik het,” het OSS se skoolhoof, me. Rina Goldbeck, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie