Oseane bedreig
Otis Finck op Walvisbaai - Die minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, veroordeel voorvalle van visplundery in internasionale seegebied.
Esau het op Wêreld- oseanedag, wat Saterdag op Kuisebmond gevier is, gesê ’n totale verbod moet op hierop geplaas word.
Hy het klimaatsverandering, onwettige, ongerapporteerde en ongereguleerde (IUU) visvang en visvangsubsidies as oseane se drie groot uitdagings uitgelig.
“Dit bedreig mense se lewensbestaan, vererger armoede en voedselonsekerheid. Die praktyk is skadelik vir visvoorraad en versteur mededinging.
“Dit is die hoofrede waarom Afrikalande nie hul eie vloot kan ontwikkel nie. Namibië het nie die vermoë om in die visvangsubsidies van ander nasies se vlote te voorsien nie,” het Esau gesê.
Volgens die Vernigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbouorganisasie trek onwettige, ongerapporteerde en ongereguleerde visvang voordeel uit korrupte administrasies en swak bestuur – veral dié van ontwikkelende lande wat nie die vermoëns en hulpbronne vir effektiewe monitering, beheer en toesig (MCS) het nie.
Wêreld- oseanedag se tema vanjaar is Gender and Ocean, en Esau meen dit is ’n gulde geleentheid om vroue se deelname in mariene sake te verhoog.
“Slegs 2% van seevaarders wêreldwyd en 38% van mariene wetenskaplikes is vroue.”
Esau het ook plaaslike skoonmaakveldtogte verwelkom, soos die inisaitief wat in 2007 geïmplementeer is om seevoëlsterftes te verminder.
Hy het beklemtoon die oseaan is in gevaar en word deur klimaatsverandering en besoedeling bedreig.
“Sowat 13 miljoen ton plastiek word in die see gegooi. Na raming sal daar teen 2050 meer plastiek as visse in die oseaan teenwoordig wees,” het Esau gesê.
“Klimaatsverandering veroorsaak doodsones weens ’n gebrek aan suurstof. Die temperatuur van die seeoppervlakte styg en dit beïnvloed vis se migrasiepatrone. Klimaatsverandering word deur kweekhuisgasse veroorsaak en dit moet uitgeskakel word.”
Hy het gesê buiten Walvisbaai en Lüderitz speel Hentiesbaai ook ’n belangrike rol in visvang en Oranjemund in Namibië se diamantsektor.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie