Oscars gee Namibiese keurkomitee groen lig

Yandi Du Plessis
Die Akademie vir Rolprentkuns en Wetenskap het die Namibiese Filmkommissie (NFC) toestemming gegee om 'n keurkomitee van agt Namibiese inhoudskeppers en filmmakers aan te stel voor die 2022 Academy Awards, oftewel die Oscars.

Die komitee sal Namibiese inskrywings aanvra voor die 94ste Oscar-toekenningsgeleentheid, wat in Maart volgende jaar in die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, aangebied sal word.

Luidens 'n mediaverklaring wat Dinsdag deur die NFC uitgereik is, sal die komitee uit lede met uiteenlopende demografieë bestaan en gelei word deur Obed Emvula as voorsitter.

Die ander keurkomiteelede is Bridget Pickering, Tim Huebschle, Lize Ehlers, Abius Akwaake, Richard Pakleppa, Linda de Jager en Madryn Cosburn.

Volgens die verklaring is die NFC die enigste instelling in die land wat kwalifiseer om 'n rolprent vir die toekenning as beste internasionale film te nomineer.

“Wat Namibië se potensiaal vir 'n internasionale toekenning beklemtoon, is ons vasbeslotenheid om unieke verhale te vertel wat ons unieke werklikhede openbaar en ons as Namibiërs en Afrikane definieer. Dis waarom ons nie hierdie verootmoedigende geleentheid om geloofwaardige Namibiese rolprente elke jaar by die Oscars 'n platform te gee as vanselfsprekend aanvaar nie,” het Emvula gesê.



SPERDATUM

Die sperdatum vir nominasies sal mettertyd deur die komitee gekommunikeer word, sodat Namibiërs hul films kan indien sonder om 'n inskrywingsfooi te betaal.

Die Oscars is sedert 1929 die mees gesogte toekenning in die Amerikaanse en internasionale filmbedryf.

Die eerste toekenningsgeleentheid wat op televisie uitgesaai is, was in 1953 by die 25ste Oscars-geleentheid.

Die beste van die rolprentbedryf word in 24 verskillende kategorieë in die Oscars-toekennings vereer. Beste rolprent; akteur/aktrise; grimering en haarstyle; regisseur; regie; klankbaan; klankregie en oorspronklike draaiboek is van die toekenningskategorieë.

Sedert sy ontstaan in 1929 is altesaam 3 140 Oscar-beeldjies toegeken.– Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!