Organiese materiaal op Mars gevind
Die molekules is volgens Nasa in die boonste lae van die grond, die boonste vyf sentimeter, gevind.
Organiese molekules in rots van sowat drie miljard jaar gelede is op Mars gevind.
Nasa se robottuig Curiosity het dié ontdekking op die planeet gemaak. Dit is ten spyte van buitengewone strawwe kondisies op die oppervlak wat organiese molekules afbreek.
Volgens Nasa is die molekules in die boonste lae van die grond, die boonste vyf sentimeter, gevind. Dit sou wees uit ’n tyd toe dié planeet nog bewoonbaar sou kon wees.
Op volgende sendings na Mars, soos Mars2020, sal aansienlik dieper geboor kan word.
Organiese molekules bevat koolstof en waterstof, maar kan ook ander elemente soos suurstof en stikstof bevat. Dit word met lewe verbind.
Daar is aansienlike aanduidings dat Mars voorheen lopende water gehad het. Daar was onder meer ’n meer in die Gale-krater, waar Curiosity is.
Die ouderdom kon bepaal word deur te kyk hoeveel kraters daar is. Hoe meer daar is, hoe ouer is die area.
Is daar tekens van lewe op Mars?
“Ons weet nie, maar dié resultate wys ons is op die regte spoor,” het dr. Michael Meyer, Nasa se Mars-wetenskaplike, in ’n verklaring gesê.
Die Mars2020-sending sal die eerste wees wat aktief na mikrobiese lewe op die planeet sal soek en die aanvoorwerk vir menslike ontdekking sal doen. Dit sal in Februarie 2021 daar aankom.
Danksy kameras wat die landing gaan opneem, sal die mensdom vir die eerste keer kan sien hoe ’n tuig op ’n ander planeet land.
Net soos met die vorige tuig, Curiosity, sal dié tuig met ’n ruimtehyskraan op die planeet neergesit word. Maar die verskil is dat alles gesien en gehoor sal kan word, lui ’n mediaverklaring.
Volgens Nasa sal die eerste toetse gedoen word om suurstof uit die atmosfeer te maak, en daar sal aktief na waterbronne gesoek word. Die omgewing sal bestudeer word om toestande vir toekomstige menslike sendings na die planeet te ondersoek.
Die eerste wetenskaplike doelwit is om te soek na tekens van oerlewe op die planeet, en of daar dalk steeds mikrobiese lewe is. Die tweede is om die klimaat te karteer en die derde is om die geologie van die planeet te bepaal. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie