Oranje klim oor sy walle

Vloedwater uit Suid-Afrika het gister 'n pad tussen twee dorpies aan die Oranjerivier gesluit.
Augetto Graig
Augetto Graig – Kommer heers oor die Oranjerivier in vloed wat só vroeg in die reënseisoen reeds die pad tussen Aussenkehr, die land se tafeldruifmekka, en die myndorp Rosh Pinah in die verre suide gesluit het. Mnr. Alexander Maasdorp, die dorpsbestuurder van RoshSkor, gesamentlike mynbou-onderneming wat laasgenoemde dorp bestuur, sê: “Ons gaan nog baie water verby kry.”
Hy is bekommerd daaroor dat die baie water wat in die Benede-Oranjerivier na die Atlantiese Oseaan vloei, reeds paaie beskadig het en toegang na dorpe belemmer.
Die Paaieowerheid (RA) het gister ’n deel van die DR212- en die C13-pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr tot verdere kennisgewing gesluit. Die pad word deur vloedwater oorspoel, veral by die Visrivierkruising waar die maksimum waterhoogte oorgesteek is.
Die Paaieowerheid het die publiek versoek om vanaf Noordoewer en Aussenkehr liewer Keetmanshoop om na Aus en Rosh Pinah te ry tyd en wyl die watervlakke sak en dit weer veilig vir padgebruikers is.
Namibiërs is die versekering gegee die situasie word noukeurig gemonitor om spoedig inligting oor die watervlak te kommunikeer.
Maasdorp sê waar die Visrivier by die Oranjerivier aansluit, stoot die water reeds in die Visrivier op, wat meebring dat laagwaterbrûe oorspoel is. Ook waar die pad teen die berg verbyloop, is dit oorstroom, sê hy.
“’n Mens kan nie nou van Oranjemund of Rosh Pinah af na Aussenkehr ry nie. Jy moet Keetmanshoop om ry,” sê hy. Hy is bekommerd oor die druiweprodusente op Aussenkehr wat met vorige vloede produksie verloor het, asook oor gastehuiseienaars langs die rivier wat skade gely het.

NUWE PAD SE DIEP KRAAK
Intussen het motoriste ook hul kommer op sosialemediaplatforms uitgespreek oor die toestand van die nuwe teerpad tussen Rosh Pinah en Oranjemund.
Mnr. Visser du Preez van Oranjemund het foto’s geplaas van ’n groeiende kraak in die pad langs die stygende Oranjerivier. Hy sê hy ry al jare die pad en vandat die reusekraak laasjaar verskyn het, is hy ongemaklik om daar te bestuur.
“Aan die ander kant van die teerpad het ons die berggedeelte met rotse wat kan val en ernstige skade kan aanrig aan die pad en natuurlik ook voertuie wat tussen die dorpe beweeg.
“Die skade aan die pad lyk erg, maar ons weet nie werklik hoe sleg dit (die strukturele skade) is nie. Ons wag nog vir professionele hulp om dit te bepaal, maar met so baie water op pad, weet almal wat kan gebeur as die rivier se vlak nog verder styg,” sê hy.
Ruabex in Suid-Afrika het in 2017 die N$714 miljoen-pad vir die RA voltooi. Hulle het nie gister op vrae in dié verband geantwoord nie.
Die Paaieowerheid se woordvoerder, me. Hileni Fillemon, sê die herstelwerk is deel van die oorspronklik kontrakverpligtinge.
“Die krake mag wees weens kwessies buite enigiemand se beheer,” sê sy en voeg by die vloedvlakke was hoog toe die skade die eerste keer opgemerk is.
Sedertdien het die Paaieowerheid ’n konsultant aangestel om vas te stel presies wat dit veroorsaak het, maar sy werk is deur die uitbreking van Covid-19 in Namibië belemmer, sê sy.
“Ons verwag om die verslag oor voltooide ondersoek met ’n ontwerp vir die regstelling daarvan, teen die einde van April 2022 te kry. Eers daarna kan herstelwerk begin. Die pad is veilig gemaak deur gepaste waarskuwingsborde aan te bring.
“Padgebruikers word versoek om aandag te skenk en op daai deel van die pad versigtig te bestuur.
“Die Paaieowerheid monitor dit en doen ekstra moeite nou met die styging van die rivier weens swaar reën in Suid-Afrika,” sê sy.
Sou die pad gesluit word, sal reise tussen Rosh Pinah en Oranjemund slegs via Suid-Afrika moontlik wees.
Tans is die grenspos by Oranjemund egter nog weens Covid-19 gesluit.
Die ander moontlikheid is om gebruik te maak van ’n privaat pad tussen Oranjemund en Lüderitz, sê Fillemon.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%