Opuwo kry tydelike tuiste vir swanger vroue

23 February 2018 | Plaaslik
'n Nuwe tydelike tuiste vir swanger vroue op Opuwo is na die ontslape goewerneur van die Kunenestreek, me. Kazetjindire Angelika Muharukua, vernoem.

Dié tuiste maak voorsiening vir swanger vroue op afgeleë gebiede wat nie toegang tot gesondheidsentrums het nie. Die Kunene se goewerneur, mnr. Marius Sheya, het tydens die amptelike opening van die tuiste kommer oor negatiewe terugvoer uit die streek se ses kiesafdelings oor gesondheidspersoneel se houding teenoor pasiënte uitgespreek.

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, het by die geleentheid gesê sy ministerie se gebrek aan dienste spruit uit begrotingsbesnoeiings en bly 'n reusestruikelblok.

Volgens hom is die meerderheid van die regering se projekte wat gesondheidsgeriewe by Epupa en Sesfontein insluit, onvoltooid. Hy het voorts 'n beroep op gesondheidslui gedoen om hul houding teenoor pasiënte te verander en om passie vir hul professie en vir probleemoplossing te ontwikkel.

Haufiku het ook sy dank teenoor vennote soos die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), die Europese Unie (EU), plaaslike raadslede en ander rolspelers uitgespreek vir hul voortgesette ondersteuning van die plaaslike gesondheidsektor.– Nampa

Soortgelyk

 

Shifeta: Houtkappery is onwettig

4 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Nie ‘n enkele omgewingsklaringsertifikaat is ooit uitgereik vir die afkap van en kommersiële handel in hout nie. Dit beteken die grootskaalse...

Afwagting groot vir Mars-landing

4 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Knap voor tienuur Namibiese tyd vanaand land die ruimteman dr. Japie van Zyl en sy span se InSight-verkenningstuig ná ’n reis van...

Staal van Otavi binnekort ’n werklikheid

4 ure gelede | Byvoegsels

Die lank verwagte staalaanleg op Otavi het vandeesmaand ’n stap nader aan die werklikheid gekom toe Nedbank onderneem het om die N$2,7 miljard-projek te finansier.Die...

Telecom: Jooste vererg oor Klein-skorsing

4 ure gelede | Plaaslik

Yanna Smit Volgens berigte Vrydag op sosiale media is die uit­voerende hoof van Telecom Namibia, mnr. Theo Klein, geskors ná 'n ondersoek na 'n oënskynlik...

WEER VIR 26 NOVEMBER

4 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde tot verspreide­ donderbuie op plekke, die verre Suide en Suidweste uitgesluit.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Wildsfees kry nuwe baadjie

4 ure gelede | Byvoegsels

Groot veranderinge word vir volgende jaar se bekende Outjo Wildsfees beplan. Nuwe lewe word in die fees geblaas deur 'n benadering, vroeë beplanning en topkunstenaars....

Dippenaar-saak: Getuie dreig glo ander

4 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – ’n Getuie in die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar het Donderdag 'n saak van aanranding deur dreigement by die Swakop-polisiekantoor aangegee, met...

Invoer van sekere wildspesies dalk verbied

4 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing en toerisme doen 'n beroep op die publiek om insette te lewer oor sekere wildspesies wat moontlik nie...

Simondeum se smulkos

4 ure gelede | Byvoegsels

Voedselvervaardiging is die toekoms, en die Simondeum Fine Meats-aanleg op Grootfontein is voor in die wedloop om gehalte proteïenprodukte aan Namibiërs te voorsien.Die besigheid bestaan...