Optrede deur polisie verwag

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
STRENG wetgewing wat sedert die begin van verlede jaar inwerking gestel is om die gebruik van vuurwerke binne munisipale gebiede te beheer, het vrugte afgewerp.
Die probleme wat troeteldiereienaars en die dierebeskermingsvereniging elke Kersseisoen met vuurwerke ondervind is, met die uitsondering van geïsoleerde gevalle die afgelope tyd op Keetmanshoop, iets van die verlede.
Sedert die begin van verlede jaar is dit \'n kriminele oortreding, strafbaar met heftige boetes, om enige vorm van vuurwerke in enige munisipale gebied in die land af te skiet of te laat ontplof.
Volgens kol. Kobus Thyse van die Polisie se plofstofeenheid is geen klagtes nog sedert die begin van die somervakansie ontvang nie en is niemand sover sy kennis strek nog in verband met \'n oortreding van die aard aangekla nie.
Oortreders wat die regulasies op plofbare stowwe soos omskryf in die wet van plaaslike owerhede verontagsaam, moet streng optrede verwag.
Die polisie het inwoners van enige dorp of nedersetting in die land aangemoedig om \'n buurman wat die wetgewing binne die munisipale gebied van \'n dorp of nedersetting oortree, aan te kla sodat die probleem opgelos kan word.
Die boete vir \'n oortreding beloop N$400 en elke oortreding word as \'n aparte klag hanteer. Dit beteken dat oortreders nie oor die hoof gesien sal word as hulle \'n tweede keer op dieselfde dag die land se wette verontagsaam nie.
Troeteldiereienaars het elke jaar gedurende die Kersseisoen probleme met veral honde wat uit paniek weghardloop of beseer word as klappers en vuurpyle in woongebiede afgeskiet word.
Die dierebeskermingsvereniging het ook elke jaar hul hande vol om diere wat verdwaald in die stad se strate ronddrentel weer by hulle eienaars te besorg.
Woordvoerders van Windhoek en Swakopmund se munisipaliteite het die verbod op vuurwerke binne dorpsgebiede bevestig en gewaarsku met streng optredes teen skuldiges.
Die polisie is verantwoordelik om wet en orde te handhaaf en indien \'n klagte van dié aard by hulle gelê word, moet hulle optree en kan die uiteinde \'n kriminele rekord vir die oortreder wees.
Tradisioneel word vuurwerke afgeskiet om die nuwe jaar in te wei en word die meeste probleme rondom dié tyd verwag.
Mnr. Rudi Vaessler, \'n rampbestuurkoördineerder van die munisipaliteit van Windhoek, is die afskiet van vuurwerke binne die munisipale gebied \'n kriminele oortreding.
Die dorpsraad van Swakopmund het in die verlede so ver gegaan as om spesiale gebiede buite die dorpsgrense vir dié doel beskikbaar te stel.
Die hoof van Swakopmund se munisipaliteit se gesondheidsdienste, mnr. Clive Lawrence, sê dat die gebiede dié jaar weer beskikbaar gestel sal word vir die publiek, maar speiale toestemming moet eers van dié instansie verkry word voordat met die afskiet van vuurwerke voortgegaan kan word.
Sakeondernemings is versoek om nie vuurwerke te verkoop nie en die versoek is suiwer gerig met die oog op die welsyn van troeteldiere. \"Dit is egter nie die geval in Windhoek nie, juis omdat die afskiet van vuurwerke \'n definitiewe gevaar vir veral veldbrande inhou,\" het mnr. Vaesssler gesê.
Toestemming moet ook van die Munisipaliteit van Windhoek verkry word en sal slegs toegestaan word vir spesiale vuurwerkvertonings soos in die geval van die jaarlikse skou.
Mense wat vuurwerke wil gebruik, word aangeraai om eers met die plaaslike munisipalteit of brandweer te skakel om sekerheid oor die ligging van dié spesiale gebiede, indien enige, te verkry en te verhoed dat hulle met die land se gereg bots.

Soortgelyk

 

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

1 uur gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

1 uur gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

2 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

5 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

15 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

15 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

15 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

15 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

15 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...