Optogte oor daggagebruik gehou
Optogte oor daggagebruik gehou

Optogte oor daggagebruik gehou

Voorstanders van dagga wil hê die regering moet die gebruik daarvan wettig.
Augetto Graig
Augetto Graig - Lede en ondersteuners van die Ganja Users of Namibia (GUN) en die Rastafari United Front (RUF) het Vrydag vir die eerste keer sedert onafhanklikwording 'n openbare protesoptog vir hul reg op die gebruik van dagga sonder vervolging gehou.

Optogte is in Windhoek, asook op Swakopmund en Walvisbaai gereël.

In Windhoek het die protesoptrede gestrek van die B1 City-handelskompleks tot by die Augostenho Netto-park waar organiseerders 'n klagskrif aan die speaker van die Nasionale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sou oorhandig. Katjavivi het egter laat weet hy sal eers vandag beskikbaar wees.

Die gebruikers om 11:00 by die Zoo Park in die middestad vergader voordat hulle om 12:00 die speaker in die parlementstuine ontmoet.

Volgens die woordvoerder van die groepe, mnr. Borro Ndungula, is daggagebruikers nie misdadigers nie.

Met verwysing na dagga wat gekonfiskeer word tydens inhegtenisnemings, het hy gesê: “Hulle moet ons dagga teruggee. Indien nie, sal ons geld bymekaarmaak en hulle hof toe neem.

“Hierdie saak kan ons wen. Hierdie wet is teen die Grondwet en ons menseregte; teen ons reg op privaatheid, ons reg op 'n regverdige verhoor, en teen ons kultuur. Rasta is ’n geloof en mens kan nie Rasta van dagga skei nie. Ons Rastas het 'n reg op ons geloof,” sê hy.

Hy het tydens die optog die gebruikers gelei in sang: “Dagga is die genesing van die nasie.”

Volgens die groepe is toepaslike wetgewing die oorblyfsels van die apartheidsera en moet verander word.

By dieselfde geleentheid het die president van GUN, mnr. Brian Jaftha, ook bekend as B-Jah, gesê een nadeel van die huidige wet is dat dit veral swart mense in die tronk laat beland, wat meestal hoofde en finansiële ondersteuners van families is. Hy sê die wet is ook verantwoordelik vir die onwettige handel in dagga, wat onbeheerbaar en roekeloos tot die versprei van nagemaakte dagga bydra.

In die klagskrif is ook 'n beroep op die regering gedoen om daggagebruikers vry te laat wat tans in die tronk vir dié oortreding is.

Gebruikers vra ook hoëvlakbesluitnemers van die regering moet in diepte die daggakwessie in die land ondersoek en ook dat die polisie daggagebruikers se menseregte respekteer. “Hulle moet ophou om ons soos misdadigers te behandel,” sê Jaftha.

Voorts wil die gebruikers hê die regering moet die mediese voordele van die daggaplant ondersoek en die gebruik van dagga wettig. "Hulle maak dit reg oor die wêreld wettig, selfs dié wat dit aanvanklike onwettig gemaak het. Hoekom moet ons altyd die laaste wees?” vra hy.

Die besit van dagga is onwettig in Namibië en oortreders loop die risiko van 'n swaar boete of tronkstraf.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!