Optog teen Chinese werkers by sementfabriek
Sowat 200 mense het vandag by ‘n sementfabriek ses kilometer noord van Otjiwarongo ‘n vreedsame optog gehou.
Hulle eis werk by die Whale Rock-sementfabriek van Cheetah Cement, wat sedert Maart onder konstruksie is.
Die optoggangers het ‘n petisie oorhandig waarin hulle onder meer eis dat hulle die werk kan doen wat Chinese glo tans daar doen.
Volgens Whale Rock Cement se personeelbeamtpe, mnr. Willem /Nanub, wat die petisie ontvang het, werk daar tans 80 Chinese burgers en tussen 10 en 20 Namibiërs wat die administrasieblok van die fabriek in die eerste fase bou.
Hy sê die maatskappy sal meer Namibiërs tydens die tweede fase van die projek benodig wanneer die konstruksie van die fabriek in Augustus vanjaar begin.
Volgens hom sal daar 400 werksgeleenthede tydens die tweede fase geskep word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie