Optog gekanselleer
Aktivis weier om verskoning te vra en beloof bewyse van korrupsie.
Otis Finck op Walvisbaai
Die gemeenskapsaktivis mnr. Kenneth Ilonga het plakkers, agterplaashuurders en grondloses van Kuisebmond Saterdag meegedeel dat 'n beplande optog en kampaksie by Walvisbaai se raadskantore van die baan af is.
Ilonga het meer as 100 gemeenskapslede by die Kuisebmond-sokkerstadion toegespreek. Hy het ook die inhoud van 'n brief van mnr. Cleophas Mutjavikua, Erongo se goewerneur, met hulle gedeel.
Die brief, wat 10 Januarie geskryf is, nooi Ilonga en mnr. Paulus Nicodemus om op 30 Januarie 2017 om 15:00 'n vergadering met die munisipaliteit van Walvisbaai se topbestuur by te woon.
Tydens Saterdag se byeenkoms is 20 mense gekies om Ilonga en Nicodemus na die vergadering te vergesel.
Die voorsitter van Erongo se streeksraad, mnr. Hafeni Ndemula, landelike kiesafdeling raadslid, mnr. John Nangolo, en die burgemeester, mnr. Immanuel Wilfred, is ook na die vergadering genooi.
Ilonga het op 10 Januarie ook 'n brief van Metcalfe-prokureurs ontvang wat sê hulle tree op instruksie van Walvisbaai se raad op. Metcalfe het versoek dat Ilonga hom voorsien van die volgende: die grondwet van die groep wat hy verteenwoordig, 'n lys van lede, in watter hoedanigheid hy en Nicodemus optree en die notules van 'n vergadering wat na bewering op 8 Januarie 2017 gehou is.
Metcalfe het ook daarop gewys dat die hoof-uitvoerende beampte van Walvisbaai se munisipaliteit, mnr. Muronga Haingura, Ilonga gevra het om bewyse van lasterlike uitsprake wat teen Wilfred, raadslid Paulus Kauhondamwa en enige ander raadslede gemaak is in briewe van 13 Desember 2016 en 10 Januarie 2017, te verskaf.
“Op grond van die bewyse het Haingura onderneem om regstappe te neem. Tot dusver het u nog geen bewyse gelewer nie. U eise vir behuising en ordentlike beskutting is gemaak en die munisipaliteit probeer om die kwessie spoedig aan te spreek,” lui Metcalfe se brief.
Ilonga het gesê hy sal nie verskoning vra nie en dat hy alle bewyse aan die Teenkorrupsiekommissie sal oorhandig.
Hierdie gebeure volg op die polisie se ingryping verlede week om 'n beplande optog en protesaksie te keer. Sowat 100 plakkers, agterplaashuurders en grondloses het by die Kuisebmond-sokkerstadion byeengekom om 'n kampaksie by Walvisbaai se stadsaal en die raadskantore in Kuisebmond te beplan.
Ilonga en Nicodemus het gesê die gemeenskap is keelvol vir raadslede, korrupsie en om behuising te huur.
“Mense soek bekostigbare grond waar hulle self huise kan bou, aangesien hulle nie huise kan bekostig wat deur finansiële instansies gefinansier word nie,” het Ilonga gesê.
Hulle meen sommige raadslede besit verskeie eiendomme en dat erwe in Uraniumstraat in Kuisebmond, wat vir groepe soos die Sam Nujoma Landless Project (erf no. 6542) en die Landless Federation (erf no. 6577) bedoel was, gediens is en na bewering aan private ontwikkelaars verkoop is, wat nou woonstelle daar oprig.
Die burgemeester sê die groep se optrede is onverantwoordelik en dat die organiseerders bybedoelings het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie