Optimale vleisproduksie ís moontlik

28 February 2018 | Landbou
Paul Strydom, Hoofbestuurder: Vleisraad van Namibië - Die ekonomiese afswaai in die land bring mee dat daar opnuut besin word oor en gefokus word op hoe om optimaal vleis te produseer.

Met ander woorde, hoe om inkomste te vergroot en hoe om uitgawes te verklein. Gelukkig is ‘n ekonomiese afswaai net tydelik van aard en met ondersteuning van ‘n goeie reënseisoen, is alle aanduidings daar dat die ekonomie weer binnekort kan opswaai.

Dit is egter kritiek belangrik dat die omgewing geskep word waarbinne boere optimaal kan produseer. Die meganisme bestaan in die vleisbedryf om so ‘n klimaat te skep en faktore wat teen optimale produksie inwerk, te identifiseer en te takel. Dit is naamlik die gesamentlike visie vir die bedryf wat rolspelers onder die vaandel van die Vleisraad van Namibië geskep en deur die ministerie van landbou, water en bosbou onderskraag word.

Hierdie gesamentlik visie is geskoei op die verwesentliking van Visie 2030 en ondersteuning van die Nasionale Ontwikkelingsplanne. Dit behels die daarstelling van “’n uniek Namibiese, dinamiese en volhoubare lewendehawe- en vleisbedryf wat kwaliteit produkte tot voordeel van alle Namibiërs aan die mees lonende markte voorsien”.

Ongelukkig is dit so dat individuele partye nie met die proses saamstem nie weens hoofsaaklik persoonlike belange.

Die gesamentlike visie bestaan uit vyf komponente, waarvan die volgende onderwerpe as die belangrikste geag word:

1. Die handhawing en verbetering van die land se dieregesondheidstatus, veral noord van die veterinêre kordonheining. Dit is kritiek belangrik dat ‘n sterk veeartsenydiens die land se uitvoervleisbedryf moet ondersteun, veral op die gebied van uitvoersertifisering, die Sentrale Veterinêre Laboratorium, plaasinspeksies en die ondersteuningstelsels soos NamLITS en veterinêre heinings.

Met die finansiële beperking op hande moes die Vleisraad noodgedwonge die Direktoraat Veeartsenydienste (DVS) finansieel begin ondersteun om die funksies te verrig. Enige nalating van die funksies word deur ‘n invoerland in ‘n baie ernstige lig gesien en kan lei to die opskorting van ‘n mark wat in die huidge omstandghede nie bekostig kan word nie. Op plaasvlak is dit uiters noodsaaklik dat die voorkoms van enige vreemde siektes of afwykings in dieregedrag so spoedig moontlik by die naaste veeartsenykantoor aangemeld moet word.

2. Die skep van ‘n optimale omgewing om ‘n verhoging van lewendehawe- en vleisproduksie te stimuleer. Die beginpunt van die lewendehawe- en vleiswaardeketting moet ‘n optimale omgewing handhaaf, anders is die res van die waardeketting nie finansieël lewensvatbaar nie. Beperkings soos vervat in die Kleinveebemarkingskema veroorsaak ondoeltreffendhede en enige kwantitatiewe uitvoerbeperking soos byvoorbeeld om beesuitvoere na Suid-Afrika te beperk, sal soortgelyke implikasies inhou. Die Vleisraad is in die proses om die Kleinveebemarkingskema aan te pas met byvoorbeeld ’n prysaanpassingstruktuur sodat dit beide die produsent en abattoir bevoordeel.

3. Die instandhouding van markte en die ontginning van nuwe markte. Ondersteuning en samewerking vir die behoud van Namibië se huidige markte, is kritiek belangrik. Markte word met baie energie oor ‘n lang tyd opgebou en moet nie met een onbesonne daad beïnvloed word nie. Nuwe markte wat in die pyplyn is, is toegang tot die Chinese mark (vir sekere beesprodukte soos onder andere afvalle), die Verenigde State van Amerika (vir sekere beesvleisprodukte soos voorkwartsnitte), Hong Kong, asook Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (wat ook bokvleis kan insluit).

4. Die ander sleutelkomponente behels spesifieke plaaslike waardetoevoeging en, 5.) beter koördinering van die bedryf. Aangesien die onderskeie partye in die bedryf nie saamstem oor die planne om die doelwitte te bereik nie, is ‘n goue middeweg nodig en daarom is die gesamentlike visie die meganisme daarvoor.

Soortgelyk

 

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

8 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

8 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Kaptein wou terugdraai voor 157 sterf

8 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer Die kaptein van Ethiopian Airlines se vlug ET302 het toestemming gehad om die vliegtuig terug te draai na die Internasionale Lughawe Bole by...

Só vaar die Verkrygingsraad

8 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

8 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

8 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...

Namibiër ’n top-uitvinder

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ‘n Namibiër is een van 30 finaliste uit 2 400 inskrywings in die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se eerste uitdaging vir vernuwing op die...

Só is SME Bank geplunder

8 ure gelede | Howe

font face="Verdana" > Catherine Sasman - Die SME Bank-saak lees soos 'n stap-vir-stap gids vir 'n bankroof. Só het adv. Raymond Heathcote, wat namens die...