Oproer oor olifantuitvoere

Altesaam 36 wêreldwye ­organisasies probeer keer dat vyf olifantjies na 'n dieretuin in Dubai uitgevoer word.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Humane Society International (HSI) en 35 ander internasionale diereregte- en wildbewaringsorganisasies veg om te voorkom dat vyf jong olifante van Namibië na die Dubai Safari Park in die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer word.

Die organisasies het 'n ope brief geskryf aan die Sweed mnr. Johan Hansen, eienaar van Eden Wildlife en voorsitter en uitvoerende hoof van die Sweedse maatskappy, ITTUR ­Industrier AB, en beamptes van dié maatskappy.

In die ope brief is gevra vir die “onmiddellike en permanente staking van die vang en verkoop van lewendige olifante”.

Dít volg nadat die ministerie van die omgewing en toerisme 'n uitvoerpermit aan die jagplaas van 30 000 hektaar, Eden Wildlife, in die Grootfontein-distrik, toegeken het om vyf olifante tussen vier en agt jaar oud na die Dubai Safari Park te verskeep.

In die brief word vrese uitgespreek dat die olifante getraumatiseer gaan word en kan vrek as die kalwers van hul trop verwyder word en ver afstande moet reis.

Voorts sê die HSI dat Eden Wildlife in 2012 nege olifante na 'n dieretuin in Mexiko uitgevoer het.

Volgens die HSI is Hansen na bewering in Maart 2013 bankrot verklaar en is hy betrokke by belastingbedrog, wat 'n belastingaftrekking vir 'n luukse jagsafari insluit.

“Baie van Hansen se filiale is na bewering bankrot verklaar, waaronder Ittur Global Industries, die jongste om in Mei vanjaar te misluk,” lui die brief.

Die brief stel dat olifante uiters intelligente diere is met 'n hoogs georganiseerde sosiale struktuur wat sterk en lewenslange familiebande insluit.

“Jong olifante is afhanklik van hul moeders en kuddes om die nodige sosiale vaardighede en gedrag aan te leer. Bulkalfies verlaat eers hul kuddes op 12 tot 15 jaar en koeie bly hul lewe lank by die trop. Ontwrigting van hierdie band is fisiek en sielkundig traumaties vir kalfies én die oorblywende kuddes.”



WREDE TEGNIEKE

Die groepe is bekommerd daaroor dat die olifante onderworpe kan wees aan wrede praktyke soos om hulle van water en kos te weerhou, en dat hulle sal ly indien hulle gedwing word om hulle aan menslike oorheersing te onderwerp.

Verslae dui aan dat die Dubai-diere­tuin beplan om olifantritte vir toeriste aan te bied.

Dubai Safari Park beplan glo om sowat 10 500 diere na die park in te voer, wat 350 skaars en bedreigde spesies insluit.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gesê dat die transaksie nie vir kommersiële doeleindes is nie, maar bloot vir bewaring, aangesien Namibië 'n toename in sy olifantbevolking, asook mens-dier-konflik het.

Volgens hom gaan dié transaksie suiwer oor die bevolkingsbestuur van olifante en voldoen dit aan die vereistes van die Konvensie oor die Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites).

In reaksie hierop sê die ­uitvoerende hoof van HSI in Afrika, me. Audrey Delsink, Afrika-olifante hoort in die wildernis op Afrika-bodem.

“Die onderwerping van wilde olifante aan 'n lewe in ballingskap is onmenslik. Om hierdie vyf kalwers uit hul families te vat, is 'n trauma wat hulle vir die res van hul lewens sal skaad,” sê Delsink.

“Eties-verantwoordelike olifantwetenskaplikes en bewaringsbestuurders weet dat die vang en verkoop van olifantkalwers nie 'n menslike of doeltreffende bevolkingsbestuursmaatreël is soos die Namibiese regering beweer nie. Dit is eerder 'n valse voorwendsel om finansiële winste te maak.”

Die groepe sê voorts die Internasio­nale Unie vir die Bewaring van die Natuur se Afrika-olifant Spesialisgroep (IUCN SSC) is ook gekant teen die verwydering van Afrika-olifante uit die wildernis vir gevangenskap omdat dit geen direkte voordeel vir plaaslike bewaring inhou nie.

'n Wêreldwye aanlyn-petisie is opgestel wat deur byna 8 600 mense onderteken is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%