Opposisiepartye in gesprek oor koalisie-model
Estelle de Bruyn - Opposisiepartye in Namibië is besig met voorlopige samesprekings om ’n koalisiemodel vir die 2019-verkiesing vir ’n president en lede van die Nasionale Vergadering en 2020 se verkiesing van plaaslike owerhede en streekrade, te implementeer.
Die presidente van die DTA, UDF en Nudo, onderskeidelik mnre. McHenry Venaani, Apius Auchab en Asser Uatjavi Mbai, het ’n beroep op hul lede gedoen om kalm en waaksaam te bly en vir die leierskap van hul onderskeie partye te wag wat later ’n finale aankondiging in dié verband sal maak.
’n Afvaardiging van die drie Namibiese opposisiepartye onder leiding van die drie partye se presidente het Kenia sedert Dinsdag besoek en onder andere met die voormalige eerste minister en opposisieleier, mnr. Raila Odinga, asook die medeleier van die Koalisie vir Hervorming en Demokrasie, mnr. Moses Watengula, en hul afvaardigings vergader.
Volgens ’n verklaring deur mnre. Venaani, Auchab en Mbai, was die doel van die besoek om Kenia se koalisie-model te bestudeer, wat opposisiepolitiek in Kenia mededingend gemaak het. Maniere word nou ondersoek om ’n soortgelyke model in Namibië tot stand te bring en sodoende demokrasie en goeie staatsbestuur te bevorder. Ander sake wat bespreek is, was tekortkominge met verkiesings en hervormings wat nodig is, iets wat in baie Afrikalande ondervind word, in die besonder Kenia. Onluste heers in die land omdat die opposisie daarop aandring dat die verkiesingskommissie bedank omdat dit as pro-regering beskou word.
“Ons het verder party-tot-party-samewerking en kruisbestuiwing tussen die twee lande bevorder,” lui die verklaring.
Die visepresident van Nudo, mnr. Dudu Mororua, en Nudo se adjunksekretaris-generaal, mnr. Vevaruhe Kandorozu, het ook deel van die Namibiese afvaardiging na Kenia uitgemaak. Die afvaardiging sal vandag na Namibië terugkeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie