Opposisie verwerp Duitsland se aanbod

Parlement sal oor kwessie debatteer

10 June 2021 | Regering
Augetto Graig – Met die hervatting van die Nasionale Vergadering (NV) Dinsdag het emosies hoog geloop toe die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, Duits­land se reparasie-aanbod amptelik voorgelê het.

Duitsland het onlangs – ná jare se onderhandelinge – erken dat die land tussen 1904 en 1908 verantwoordelik vir volksmoorde in Namibië was. Die Europese land sal amptelik om verskoning vra en sal reparasie van 1,1 miljard euro (N$18,6 miljard) oor 30 jaar betaal.

Die opposisie se parlementslede het hul misnoeë uitgespreek ná Kuugongelwa-Amadhila se voorlegging van die ooreenkoms tussen Namibië en Duitsland.

Mnr. Josef Kauandenge van die National Unity Democratic Organisation (Nudo) het gesê as hy die ooreenkoms in sy hande gehad het, sou hy dit opgeskeur het.

“Dit is sonder enige waarheid en 'n belediging vir dié wat geveg en gesterf het,” sê hy.

“Nudo verwerp hierdie houding en stelling en die oorgrote meerderheid van die Ovaherero en Nama sal dit verwerp met die minagting wat dit verdien,” het Kauandenge gesê.

Die Landless People's Movement (LPM) se mnr. Edson Isaacks het gesê: “Dit is verraad. Geskiedenis sal onthou die regering het die kans gehad om dinge reg te stel, maar het sy eie mense verraai.”

Volgens hom is die kwessie 'n jammerlike toedrag van sake.

“Dit is net vir die skyn.”

Die Popular Democratic Movement (PDM) se hoofsweep, mnr. Vipuakuje Muharukua, het die eerste minister aangeraai om die ooreenkoms spoedig in die parlement ter tafel te lê.

“Moet niks teken nie, en hou op om die parlement, of lede van die betrokke gemeenskappe binne die parlement, te misken,” het hy aan Kuugongelwa-Amadhila gesê.

“Julle ignoreer die stemme. Julle ignoreer mense wat huil, mense wat seerkry” dring hy aan.

Muharukua het bevraagteken met wie die regering gekonsulteer het en sê konsultasies het selfs parlementslede vanaf betrokke gemeenskappe misken.

“Vir wie het julle gevra?”

Me. Utaara Mootu, 'n LPM-parlementslid, het aan Kuugongelwa-Amadhila gesê: “As 'n millennial sou ek nooit kon dink ek sou 'n kolonialis sien soos ek jou nou hier sien nie. Jy het ons verraai.”

Volgens haar is Kuugongelwa-Amadhila, Swapo en die regering neokolonialiste wat Namibië se mense, geskiedenis en identiteit verraai het.

Die leier van die Rally for Democracy and Progress (RDP), mnr. Mike Kavekotora, het gesê: “Duitsland het die Namibiese regering ten volle misbruik. Julle het soos bedelaars daarheen gegaan, sonder 'n bekommernis aangesien julle nie dieselfde as die betrokke gemeenskappe voel nie.”

Hy het gesê as mens 1,1 miljard euro in die bank sit, sou jy oor 30 jaar die aanbod slegs uit die rente kon verdien.

“Herdink julle strategie. Dit is nie die eindresultaat van onderhandeling tussen gelykes nie. Die Duitse regering het die Namibiese regering verkrag,” het hy gesê.

Nudo se leier, me. Esther Muinjangue, het gesê: “My oupa was die produk van verkragting.”

Sy dring aan Duitsland se kanselier, me. Angela Merkel, moet in persoon om verskoning vra, eerder as die president, mnr. Frank-Walter Steinmeier, soos ooreengekom.

Sy dring aan die terugbesorging van skedels en oorskot van Ovaherero- en Nama-mense wat nog in Duitse museums vertoon word, moet by enige ooreenkoms ingesluit word.

'n UDF-parlementslid, mnr. Themistokles Dudu Murorua, wou weet hoekom die aanbod so veel minder is as wat Duitsland vir twee vorige erkennings van volksmoorde in Europa betaal het.

“Is dit omdat ons swart is?” vra hy.

Katjavivi het verseker breedvoerige debatvoering oor die voorgestelde ooreenkoms sal in die parlement gehou word.

“Ons sal beslis deeglik oor so 'n belangrike kwessie debatteer,” dring hy aan.
[email protected]


FOTO
Die RDP-leier mnr. Mike Kavekotora sê Duitsland het gedurende volksmoord onderhandelinge die Namibiese regering misbruik. Foto Nampa

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

19 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...

Gweri Vintage Collection – the brand that keeps on...

2 dae gelede | Mense

Zulu Boy sets the trend for creativity Created by Namibians for international consumption The Gweri Vintage Collection is a brand focused on providing exclusive and...