Opposisie het vulletjies gebly: Swartbooi
Opposisie het vulletjies gebly: Swartbooi

Opposisie het vulletjies gebly: Swartbooi

Die oud-adjunkgrondminister sê sy party is een van sy lewenslange verbintenisse.
Denver Kisting
Denver Kisting - Volgens die leier van die Landless People's Movement (LPM), mnr. Bernadus Swartbooi, beywer hulle hulself “om lewens aan te raak en die land te verander”.

Tydens die bekendstelling van die LPM-manifes op Khorixas in die ­Kunenestreek die afgelope naweek het Swartbooi gesê dié dokument is die gevolg van 'n drie jaar lange pad met hul mense.

“Dit is die diepste bekommernisse en diepste wense van ons mense. Ons praat van dít wat mense wil hê en nie dít wat ons as politieke amptenare in 'n kantoor saamgestel het nie. En dis hoe dit moet werk.”

Swartbooi meen ander opposisiepartye het die afgelope drie dekades hul kiesers in die steek gelaat.

Van hulle het na bewering selfs ­konsultante uit die buiteland laat kom om hul manifeste te skryf, het hy aangevoer.

“Slim, geleerde mense om vir hulle te kom skryf wat dit is wat hulle vir hul buurman wil sê. Wow, daai is vir jou 'n ander ene, want dit sê vir jou dat sulke politieke partye eintlik verder is van die gemeenskap as wat ons gedink het. En die realiteit van daardie ­politieke partye is, nadat hulle gekies is, sal hulle nog verder van die mense beweeg.”

Hy het gesê opposisiepartye het die afgelope 30 jaar baie min vermag.

“Hulle, behalwe die LPM, was ­volgelinge van Swapo – hierdie oppo­sisiepartye wat rondhardloop met manifeste. Hulle beweeg langs, agter en saam met die regerende party. Dis waarom hulle nooit vir Swapo 'n ­opposisieparty kon wees nie.”

Die regerende party, waarvan hy tot bykans drie jaar gelede deel was, is volgens Swartbooi die “mamma­donkie” en die opposisie haar vullens.

“Die snaaksste ding van hierdie ­vulletjies is die vul het ná 30 jaar nooit grootgeword nie. Die lede het oud geword, maar die party het ­vulletjies gebly.”

Politici moet hulle beywer om hul honger en dors bure te help in plaas daarvan “om te begin steel namens jou familie”, het hy gesê.

Pres. Hage Geingob het in Januarie 2017 vir Swartbooi afgedank nadat hy geweier het om mnr. Utoni Nujoma, die grondminister, om verskoning te vra oor uitlatings oor grondher­vorming.

Hy het toe die LPM gestig.

Swartbooi het onlangs daarop ­gesinspeel dat Geingob te oud is om die land te lei. Die staatshoof het in Augustus 78 jaar oud geword.

Swartbooi sê die LPM, daarenteen, lei jong mense op.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!