Opleidingsentrum van wanbetaling beskuldig
Opleidingsentrum van wanbetaling beskuldig

Opleidingsentrum van wanbetaling beskuldig

Personeel van die Windhoek Beroepsopleidingsentrum (WVTC) sê hulle het onder meer twee jaar laas 'n salarisverhoging ontvang.
Tanja Bause
Tanja Bause



Werkers van die Windhoek Beroepsopleidingsentrum (WVTC) het Vrydag 'n ­versoekskrif aan mnr. Paulus Haukongo, die sentrum se bestuurder, oorhandig.

Een van die klagtes vervat in die petisie is oor werkers se salarisse wat die afgelope vier maande nie betyds in personeel se bankrekeninge inbetaal word nie. Dit lei volgens hulle tot bankkoste en boetes waarvoor die bestuur nie verantwoordelikheid wil aanvaar of aan werknemers terugbetaal nie.

“Aftrekkings van werknemers se ­salarisse vir versekeringpolisse, huislenings en persoonlike banklenings word nie aan die onderskeie maat­skappye oorbetaal nie. Ook word ver­skaffers aan die sentrum nie betaal nie en rekeninge gesluit, met die gevolg dat geen opleidings- en eksamenmateriaal vir die leerlinge beskikbaar is nie,” lui die petisie wat deur die vakbond vir Namibiese Staatsdienswerkers (Napwu) asook die Namibiese Onderwysersunie (Nantu) uitgereik is.

Volgens die petisie bestaan die raad van die WVTC sedert die vroeë 1990's, maar is daar geen beleidsrigtings ingestel nie. Tans is daar ook net vier raadslede pleks van die vereiste 12. Dié raadslede sit glo ook maandeliks en soms drie tot vier keer per maand om toelaes te kan eis. Een van die vereistes in die petisie is dat die vier uit hul poste verwyder word.

Werknemers van die sentrum het na bewering ook in die afgelope twee boekjare geen verhogings gekry nie.

Haukongo het beloof om die petisie na die relevante owerhede te neem. “Ons sal met antwoorde na julle terugkom,” het hy gesê

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!