Opleiding van hervestigingsboere nou MAWF se taak
Die regering het sy strategie gewysig nadat besef is die hervestiging van boere lewer nie die gewenste resultate nie.
Elvira Hattingh
Die Namibië Kapasiteitsboustrategie vir Hervestigde Boere (NCBSRF) is verlede Dinsdag ingevolge 'n kabinetsbesluit amptelik na die ministerie van landbou, water en bosbou (MAWF) oorgedra.
Voorts sal fase twee nou deur dié ministerie uitgevoer word, nadat die eerste fase deur die ministerie van grondhervorming asook AgriBank toegepas is.
Tydens die bekendstelling van die strategie het die adjunkminister van landbou, water en bosbou, me. Anna Shiweda, gesê dit is opgestel nadat die regering besef het die hervestigingsprogram asook die regstellende aksie-leningskema lewer nie die gewenste resultate nie.
“Die regering handhaaf die standpunt dat 'n verandering in eienaarskap van landbougrond nie tot swakker produktiwiteit moet lei nie.
“Volgens verslae deur AgriBank en die ministerie van grondhervorming presteer bestaande inisiatiewe swak weens boere se gebrek aan kapasiteit asook belangegroepe se ondersteuningsdienste wat onvoldoende is en nie genoegsame struktuur bied nie.”
Shiweda het gesê haar ministerie het die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbou-organisasie (FAO) genader om te help met die opstel van 'n strategie vir hervestigingsboere. Dit word ook deur die Duitse Vereniging vir Internasionale Samewerking (GIZ) gefinansier.
KOSTE EN PLANNE
Die doel van die NCBSRF is onder meer om die boere se kapasiteit in so mate te vergroot dat hulle produktief kan wees asook beter opbrengste en markgerigte produkte kan lewer.
Opleiding moet aan boere gebied word voordat hulle hervestig word asook nadat hulle grond ontvang het. Laasgenoemde sal in die vorm van 'n mengsel van kort kursusse en mentorskap aangebied word.
Van die beplande programme wat tot in 2022 sal voortduur en waarvoor eindelik sowat N$262 350 000 benodig sal word, sluit in om eerstens vas te stel watter opleidingsbehoeftes bestaan, om oriënteringskursusse voor hervestiging aan te bied, asook kort kursusse, mentorskap en inligtingsdae, en moontlik 'n bul-/ramskema op die been te bring om die gehalte van vee te verbeter.
Die plan is ook om die kapasiteit van opleidings- en raadgewende dienste te verbeter deur meer personeel aan te stel, voertuie te koop, afgetrede of ervare kenners as mentors aan te stel, en navorsing oor onder meer die beste landboupraktyke te doen.
Tans is daar 'n behoefte onder hervestigingsboere aan opleiding in onder meer hoe om 'n plaas te bestuur, lewende hawe en gewasproduksie, die ontwerp, onderhouding en gebruik van plaastoerusting en -infrastruktuur asook die bestuur van natuurlike hulpbronne.
BESTAANDE INISIATIEWE
Verskeie inisiatiewe vir die opleiding van hervestigingsboere bestaan reeds – wat insluit die Boere Ondersteuningsprojek (FSP), Agra ProVision, die Kommunale Grondontwikkelingsprojek (CLDP) asook verskeie indiensopleidingsentrums.
Daar is verskeie instansies wat opleidingsaktiwiteite vir boere bied, onder meer die Universiteit van Namibië (Unam), die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), die ministerie se landbousake-ontwikkelingsagentskap (AgriBusDev) asook die Landbou Bemarkings- en Handelsagentskap (Amta), Meatco, die Namibiese Nasionale Boerevereniging (NNFU) asook die Namibië Landbou-unie (NLU).
Die mening was dat die direktoraat van landbouproduksie, uitbreiding- en ingenieursdienste 'n koördinerende rol moet speel om seker te maak dat die behoeftes van die hervestigingsprogram bevredig kan word.
Intussen is hervestigingsprogramme steeds op dreef.
Die teiken was dat vyf miljoen hektaar teen 2020 volgens die nasionale hervestigingsprogram asook die groephervestigingskema in die hande van hervestigingsboere moes wees. Verder moes tien miljoen hektaar onder die regstellende aksie-leningskema herversprei word.
Tot op hede is 5 231 families hervestig. Sowat 3 000 hiervan is onder die groep hervestigingskema geholpe, terwyl 2 000 onder die nasionale program op 450 plase hervestig is.
Na raming moet sowat 330 plase nog gekoop en 'n geskatte 1 500 families hervestig word.
Die leningskema het altesaam reeds 700 boere gehelp om 4,5 miljoen hektaar te bekom, terwyl 2,5 miljoen hektaar op kommersiële basis deur voorheen benadeeldes bekom is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie