Operasie Omake behaal welslae

Die minister van veiligheid en sekuriteit het in die Nasionale Vergadering besonderhede verskaf oor die...

29 April 2016 | Misdaad
Estelle de Bruyn

Sedert Operasie Omake in werking getree het, het die polisie reeds 2 577 gevaarlike wapens tydens klopjagte gekonfiskeer.
Die projek is daarop gemik om misdaad in Namibië te bekamp. Die inligting is deur die minister van veiligheid en ­sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, in die Nasionale Vergadering bekend gemaak toe hy ’n ministeriële verklaring gelewer het.
In die tyd is beslag gelê op 305 pistole, 24 gewere, vier rewolwers, 2 011 stukke ammunisie, tien haelgewere en een speelgoedgeweer. ­Altesaam 42 vuurwapens wat gebruik is om ernstige misdaad te pleeg, is ook ­gekonfiskeer.
Altesaam 1 308 verdagtes is vir verskillende misdade wat wissel van rooftogte, winkeldiefstal, aanranding, huishoudelike geweld en inbrake in hegtenis geneem.
Volgens Namoloh is 1 173 ­onwettige immigrante aangekeer en beslag is op dwelmmiddels ter waarde van N$ 1 747 728 gelê.
Altesaam 26 309 lasbriewe is vir verkeersoortredings uitgereik en 1 941 mense is vir die oortreding van verkeersregulasies in ­hegtenis geneem.
Tot dusver is 50 rivierbeddings en gebiede waar misdaad gereeld voorkom, ook opgeruim.
Namoloh het verduidelik dat pres. Hage Geingob, na aanleiding van die ernstige toename in misdaad in veral Windhoek, opdrag gegee het dat iets daadwerklik gedoen word om die situasie onder beheer te bring.
Gevolglik is ’n ministeriële loodskomitee onder Namoloh se voorsitterskap op die been gebring om uitvoering hieraan te gee.
Die doel van die projek is om misdaad te bekamp, asook om lewens en eiendom deur intensiewe wetstoepassingoperasies te beskerm.
Verskeie instansies, waaronder die ministeries van die omgewing en toerisme, binnelandse sake en immigrasie, stedelike en landelike ontwikkeling, werke en vervoer, verdediging, ­onderwys, kuns en kultuur, hoër ­onderwys, gesondheid en maatskaplike dienste, ­nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, inligting en kommunikasietegnologie asook die Windhoekse stadspolisie is by die projek betrokke.

Soortgelyk

 

James sê in e-posse oor geldspoor

11 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die Teenkorrupsiekommisie (ACC) het e-posse op een van die Fishrot-beskuldigdes, mnr. James Hatuikulipi, se selfoon gevind waarin hy versoek afleweringspapiere moet gegenereer...

Hansen heads CAN with incredible ardour

11 ure gelede | Mense

Iréne-Mari van der WaltSince joining the Cancer Association of Namibia (CAN) early in 2015, Rolf Hansen has led the team with insurmountable passion. Hansen joined...

Wetenskap agter dié kleurryke gloed

11 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Van Windhoek tot Rehoboth en Gochas is Namibiërs die afgelope paar dae met die kleurspel van rooi, oranje, geel en selfs ligte...

Toerisme: 5 000 werksgeleenthede verlore

11 ure gelede | Toerisme

Ellanie Smit – Byna 5 000 werksgeleenthede is reeds weens die impak van die Covid-19-pandemie in die reis-, toerisme-, gasvryheid- en spysenieringsbedryf verlore. “Dit kan...

Chani se Sijwa-rok is mode met ’n doel

11 ure gelede | Byvoegsels

Namibië se eie Mej. Supranasionaal, Chanique (Chani) Rabe se junior naaldwerkskool en African Monarch Lodges het hande gevat om die Sijwa-rok bekend te stel. ...

‘Magiese’ musiek onder die sterre

11 ure gelede | Byvoegsels

Die Goethe-Institut se Night Under the Stars (Nuts)-konserte skop binnekort weer af – met die plaaslike kunstenaar Ama wat volgende Vrydag (4 Februarie) op die...

Weer vir 28 Februrie 2022

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Hoë-energie tropiese vog mag tot beduidende neerslae in die Zambezi en twee Kavangostreke lei en oor die naweek na Ohangwena uitbrei.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en...

Passionately mitigating risks in the workplace

11 ure gelede | Mense

Wetumwene Shikage With the vision to be a leading and model pension fund, the GIPF has made it a priority to manage and mitigate...

Ses vas wat hul as polisie voordoen

11 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Namibiese polisie (Nampol) het ses mans vasgetrek vir die kaping van ’n voertuig Sondag op Windhoek se westelike verbypad. Die mans...