Openbare vervoer chaoties
'Windhoek het nie 'n groot bevolking nie, maar daar is nie genoeg openbare vervoer nie.'
Maria Eiseb - Namibië se openbare vervoerstelsel het handuit geruk.
Só het mnr. Ambrosius Kandjii, raadslid van die Katutura Sentraal-kiesafdeling, gesê tydens die bekendmaking van die langafstandpassasiers-kontroleboek wat deur die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta) onlangs in die hoofstad bekend gemaak is.
“Ons verloor lewens op die paaie. Ter wille van mense se veiligheid moet iets gedoen word,” het hy gesê.
Hy het gesê hoewel Windhoek nie 'n groot bevolking het nie, is daar nie genoeg openbare vervoer beskikbaar nie.
“Ná werk sien jy hoe die mense in rye staan vir taxi's of busse.”
Kandjii het Nabta versoek om druk op Windhoek se munisipaliteit te plaas om die openbare vervoerstelsel te verbeter. Volgens Kandjii is taxi's en busse nie veilig nie.
Munisipale busse word oorlaai en bejaardes moet dikwels in die busse se gangetjies staan, het hy gesê. “Soggens en smiddae sien jy hoe die mense storm vir 'n plek op die bus - dit lyk of hulle vir kos hardloop.
Hoekom kan daar nie verskeie roetes na die onderskeie woonbuurte geskep word om die chaotiese situasie te beredder nie?” het Kandjii gevra. Volgens hom is dit tyd vir aksie. Hy het gesê Nabta moet by die regering om hulp aanklop. “Hulle moenie bloot hul ontevredenheid oor die verhoging van taxitariewe wys nie, maar ook hul stem laat hoor.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie