Openbare dokumente tot 733% duurder
Elvira Hattingh - Nuus dat die prys van openbare dokumente styg, het vuisvoos Namibiërs verlede week opnuut geskok.
Dít volg nadat 'n aankondiging hieroor verlede Dinsdagmiddag op die laaste nippertjie deur die permanente sekretaris van binnelandse sake en immigrasie, amb. Patrick Nandago, gemaak is.
Veral buitelanders wat hier woon of werk, gaan moet opdok. Terselfdertyd spring Namibiërs ook nie dié prysverhogings vry nie. Die prys vir afskrifte van identiteitsdokumente, trou-, geboorte- en doodsertifikate styg met tussen 50% en 733%. Voorheen het regstellings of afskrifte van dood- en trousertifikate N$12 gekos, maar van 1 Augustus af kos dit N$100. Eerste aansoeke van hierdie dokumente is egter steeds gratis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie