Op soek na Silvanus
Familielede van wyle mnr. Kavera Alexande is op soek na Alexande se seun, mnr. Silvanus Witbooi.
Witbooi is op 24 September 1998 gebore.
Volgens Witbooi se neef, mnr. Elys Paulus Muronga, het die familie eers van Witbooi se bestaan uitgevind toe hulle sy naam op die staatspensioenfonds se lys van begunstigdes gelees het. Muronga het die soektog namens die oorledene se suster, me. Kavera Victoria Ndjira, onder Republikein se aandag gebring.
Alexande het vier kinders wat 'n dogter insluit wat reeds oorlede is en drie seuns.
Twee van die seuns bly in die Kavango-Oosstreek en een op Outjo, sê Muronga.
Volgens hom het Alexande in 'n stadium op Usakos gewerk en het sy vier ander kinders nie van Witbooi se bestaan geweet nie.
“Ons het die naam eers ná sy sterfte op die vorm gesien. Ons weet nie waar om die seun te vind nie,” sê Muronga.
Lede van die publiek met inligting kan Muronga by 081 703 5446 skakel, of sy broer, mnr. Kandjeke Andreas, by 081 328 9319.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie