Op pad na china
President Hage Geingob het gister op 'n staatsbesoek na China vertrek waar hy tot 3 April sal vertoef. Hy word deur die eerste dame, me. Monica Geingos, vergesel, asook 'n afvaardiging wat ministers, regeringsamptenare en sakelui insluit wat aan die Namibië-China besigheidsforum in China sal deelneem. Geingob het met sy vertrek aan die media gesê dis nie aldag dat 'n klein Afrika-nasie soos Namibië deur 'n supermoondheid soos China uitgenooi word nie. “Daar is baie om te bespreek, insluitende samewerking op landbou- en ander gebiede. Ons gaan dus finansiële ooreenkomste bekyk en indien daar goeie voorwaardes bestaan, sal ons dit vat.” Foto Jemima Beukes
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie