Op u2019n ander u2018levelu2019
Op u2019n ander u2018levelu2019

Op ’n ander ‘level’

[email protected]
Otis Daniels_Finck
Otis Daniels

Deesdae se tegnologie verrig wondere!

Kudus se sege honderde kilometers weg van die huis af in die eindstryd van die reserweliga teen Unam, is Saterdag regstreeks deur Namibia Media Holdings uitgesaai.

Daarmee is die wedstryd tot in die huise of palms van rugbyliefhebbers by die kus gebring, wat nie die geskiedkundige uitstappie na die hoofstad kon meemaak nie.

Wat ’n aangename ondervinding was dit nou nie! ’n Belewenis sowaar!

Dit het by tye gevoel ek is self op die Hage Geingob-stadion teenwoordig, nadat ek ingeskakel het op Erongo 24/7 se Facebook-blad hier in Narraville, Walvisbaai, om die wedstryd te volg.

Die adrenalien het behoorlik gepomp en ek het selfs ’n paar stemme herken en bekende gesigte tussen die toeskouers gesien.

Dit was lekker om die Kudubulle teen die studente van Windhoek te kon sien speel.

Die kommentator was op sy stukke en die hommeltuigoperateur sowel as die manne agter die kameras, het hul goed van hul taak gekwyt.

En so met die verloop van tyd het ek eensklaps besef die speelveld was hierdie keer rêrig gelyk.

Hoe dan so? Die manne van die kus is dit mos eens dat dit maar moeilik gaan, veral op die speelveld ver weg van die huis af.

Dit voel soms vir die ouens en ondersteuners asof alle beslissings van die wedstrydbeamptes teen hulle tel.

Dit is so amper asof hulle beroof of doelbewus ontneem word van die silwerware.

Ek het ook al self ’n paar keer die uitstappie na die finale meegemaak en moes verskeie kere met ’n swaar hart terugkeer huis toe. Wat ’n droewige gedoente.

Ek kan by all means ’n verdiende verlies hanteer, maar enige dubbelsinnige beslissings en ’n vermoedelike gekookte uitslag, laat ’n sportliefhebber se bloeddruk hemelhoog verby die wolke styg.

Daar was net nog nooit voorheen ’n manier om wedstrydbeamptes vir die verkeerde beslissings wat hulle soms maak en wat spanne op die ou einde van die dag wedstryde gekos het, verantwoordbaar te hou nie.

In die res van die wêreld is daar mos iets soos die videoskeidsregter wat alles op die klein skerm dophou en dan besluite maak op grond van dit wat werklik gebeur het.

Ek weet ons is nog baie ver van daardie soort tegnologie af, maar ek glo ons sal ook een dag daar kom.

Dink net, die beeldmateriaal wat vasgevang word, kan selfs help om ontslae te raak van vuil of ongeoorloofde spel in wedstryde. Almal weet dit gaan soms rof in die skrums.

Maar vir eers is ek diep dankbaar vir dit wat Saterdag afgespeel het en bereik is. Dit is beslis ’n groot pluspunt vir regverdigheid en die geskied van geregtigheid op die veld.

Ek dink die feit dat duisende o? jou dophou en jy weet dit, laat minder ruimte vir ongerymdhede tydens ’n wedstryd.

Op die ou einde van die dag het dit die beste in alle betrokkenes uitgebring en rugby kon met mening seëvier.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!