Op die web

24 July 2019 | Menings
“Regering laat val nuwe 2%-bom”:



Die dag as ek waarde vir my belastinggeld kry (ordentlike staatsonderrig, gesondheidsorg, beveiliging ens.) dan sal ek miskien oorweeg om meer te gee as die verpligte buitensporige bedrag wat reeds aan die regering gaan. As ek net dink aan die tyd en geld wat ek nou nog boonop moet mors omdat die Itas-gedoente glad nie werk nie. Ag nee wat! – Paulette Wise



“Duisende registreer vir e-taks”:



Dit sal dalk goed wees om te hoor waarom 2018 se aanslae na meer as 'n jaar nog nie afgehandel is nie? Dit dui dalk aan dat finansies meer as een jaar agter is met hul werk. – Francois Albertus Fanie Smit



“Swakop se vuurtoring bewaar”:



Jippee save our monuments. We don't need cement structures all over the place. Swakop stays a beautiful place. – Miriam Swanepoel



“Vlieëniers vlieg 'blind'”:



En nou sit ons almal en kyk vir mekaar hier op die Walvisbaai-lughawe. Koffiewinkelbesigheid doen goed en kyk hoe geldjies inrol. Die res kyk vir 'n sonstraal oor die Namib . . . Toeriste wil weet of daar 'n teerpad Windhoek toe is. En kusmense is nou weer ontleders. Lees die berig en besef die kortsigtigheid van die besluitnemers wat nie die finansiële impak verstaan nie. So vra mens nou lesers om te stem vir bly of ry Windhoek toe vir 'n vlug. – John Knouwds

Soortgelyk

 

KOLLIG Voorblad

1 dag gelede | Byvoegsels

Swakop hou Makietie bl. 4

ECN gaan Itula se aansoek teenstaan

1 dag gelede | Politiek

Denver Kisting – Vanweë die beweerde negatiewe uitwerking van elektroniese stemtoestelle (EVM’s) in die afgelope presidensiële verkiesing moet die proses tersyde gestel word.Dr. Panduleni Itula,...

Ekonomie bloei lánkal

1 dag gelede | Plaaslik

Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister...

NOU AAN DIE GANG

1 dag gelede | Byvoegsels

» Die Swakopmund Wetenskaplike Vereniging bied tans ‘n Kersfees-skattejag by die Swakopmund Museum aan. Dit bestaan uit twee afdelings, een vir kinders en een vir...

Geskorste raadslede van Rehoboth herkies

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting op Rehoboth – Dieselfde span raadslede wat verlede jaar deur dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, in die pad...

Weer vir 13 Desember 2019

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Mooi weer en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees. Winderige weer sal...

STEMFEITE: NAM & SA 2019

1 dag gelede | Politiek

In Namibië het Swapo persentasiegewys meer steun ingeboet as die ANC in Suid-Afrika.

NamibRe: Versekeraars moet 12,5% sedeer

1 dag gelede | Howe

Elvira Hattingh Plaaslike versekeringsmaatskappye móét voorts vir herverseke­ring by NamibRe opdok - tot tyd en wyl daar in 'n hangende hofsaak oor die wettigheid van...

CoW baklei teen beslaglegging

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse munisipaliteit (CoW) baklei tans verbete teen ’n beweerde beslagleggingsbevel wat poog om van hul vaste bates te konfiskeer.Veertien superintendente verbonde...