Op die regte spoor

Tanja Bause
Tanja Bause - Die gemeenskap van Lüderitz was gisteroggend in rep en roer toe die eerste trein sedert 2014 weer deur die dorp gery het.

Die trein het Woensdag vanuit Aus na Lüderitz vertrek en oornag buite die dorp gestaan.

Die twee lokomotiewe het gisteroggend eers deur die dorp tot in die hawe gery om die spoor te toets.

Later het die lokomotiewe met sowat 20 waens vol gruis tot in die hawe gery.

Lüderitz se dorpsraad het inwoners in die afgelope weke van die trein se aankoms bewus gemaak.

“Ons is nie gewoond daaraan dat die spoorlyn gebruik word nie, en die kinders speel en loop daarop. Die mense parkeer daarop. Die dorpsraad het ons almal baie bewus gemaak en van die trein se aankoms gewaarsku,” het ’n inwoner gesê.

Volgens me. Ailly Hangula-Paulino, TransNamib se woordvoerder, is die maatskappy met interne toetse aan die spoorlyn besig.

“Ons probeer vasstel watter gewig die spoor kan dra, hoe die infrastruktuur lyk en of daar enige meganiese probleme is.

“Dit behels toetse om te kyk of alles met die spoorlyn in orde is en of ons kan voortgaan. Sodra ons dié verslag ontvang, sal ons ’n mediaverklaring oor die spoorlyn uitreik en oor wat die toekoms behels,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!