Op 90 nog kaatjie van die baan
SY is nie meer vandag se kind nie, maar beslis jonk van gees. Oud, maar nie koud nie. Sy was in haar jare die kaatjie van die baan in Rio Monte, en vandag staan sy steeds terug vir niks. Sy is ouma Katrina Hartung van Rehoboth wat op 13 November haar 90ste verjaardag gevier het.
Vir ‘n 90-jarige ouma het sy nie net ‘n pragtige handskrif nie, maar ook ‘n mooi persoonlikheid en ‘n hart van goud. “Ek’s nou so moeg van verjaardag hou,” vertel me. Hartung tydens ‘n onlangse onderhoud wat Republikein met haar gevoer het.
Sy is in 1917 op Rehoboth gebore. Sy is die oudste dogter van wyle Hendry en Maria Kas- sen. In daardie jare was daar geen skole nie. In 1932 het sy na Kanobib getrek. “Ek het daarna Keetmanshoop toe getrek. Ek was twaalf jaar toe ek daar begin skool gaan het. Ons het ‘n onderwyser uit die Kaap gekry. Mnr. Frank Scheepers was sy naam,” vertel ouma Hartung.
Sy is later met mnr. John Robert Platt getroud. Dit was haar eerste huwelik en 14 kinders is gebore waarvan drie seuns tussen die ouderdomme van agt en nege maande oorlede is. Van haar agt seuns en ses dogters is daar vandag nog vier dogters en een seun wat lewe.
Toe ouma Hartung se eerste man oorlede is, het sy met mnr. McDonald Hartung getrou. Uit haar tweede huwelik is geen kinders gebore nie. Sy is ‘n lidmaat by die Wesleyaanse kerk op Keetmanshoop. Me. Hartung en haar twee oudste seuns was predikers van die kerk. Me. Hartung het ook 66 klein- kinders, 130 agterkleinkinders en 14 agteragterkleinkinders.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie